duimnael|Die Berg-en-Dal hek. Berg-en-Dal is een van die mees moderne kampe in die Krugerwildtuin, amptelik geopen in Februarie 1984.

Die kamp is geleë op die oewer van die Matjuluspruit in die suide van die park. Die kamp is gebou op 'n ruwe bergterrein – 'n area bekend vir volop witrenosters. Die kamp beskik oor slaapplek vir 884 in 221 kamers, asook oor konferensiefasiliteite en staproetes vir wildbesigtiging.

Geriewe 'n Puik restaurant met 'n vergrote stoepsitarea, asook wegneemetes soos hamburgers en pizza's. Kampwinkel met aandenkings, geskenke, self-medikasie, naslaanboeke en padkaarte, klerasie en alle basiese voedsel en dranke Outomatiese wasmasjiene Selfoonontvangs Vulstasie

Gesondheidsrisiko Die tropiese siekte malaria kom in die laeveld voor, en besoekers moet die nodige voorsorg daarteen tref. 'n Dokter, apteker of reisburo kan vooraf geraadpleeg word.

Kategorie:Krugerwildtuin