Fresno (uitgespreek /ˈfrɛzno/) is die vyfde grootste stad in die Amerikaanse deelstaat van Kalifornië, en die 36ste grootste stad in die nasie. Die stad het 'n bevolking van 500 017 in 2009, mit 1 002 846 mense in die Metropolitaanse gebied.

Geografie Fresno is geleë in sentraal-Kalifornië, omtrent 322 km (200 myl) noord van Los Angeles (Kalifornië se grootste stad), en 274 km (170 myl) suid van Sacramento (Kalifornië se hoofstad).

Geskiedenis Die Fresno-distrik was in 1856 geskep, en Millerton was die hoofstad. Ander dorpe in die distrik was Firebaugh's Ferry (nou Firebaugh), Scottsburg (nou Centerville) en Elkhorn Springs. Maar Millerton was op die San Joaquin-rivieroewer geleë, en was in 1867 oorstroom.

Demografie 2000 In 2000 het die stad 'n bevolking van 427 652 gehad: 50,17% wit, 8,36% swart of Afro-Amerikaans, 1,58% Amerikaanse inboorlinge, 11,23% Asiaties, 0,14% Pasifiese eilanders, 23,36% van ander rasse en 5,16% van twee of meer rasse. Spaans-Amerikaners of Latyns-Amerikaners van enige ras het 39,87% van die bevolking uitgemaak.

2005 Die bevolking van die stad in 2005 was omtrent 56,3% wit (34% nie Spaans-Amerikaners nie).

Susterstede 21px Taraz, Kasakstan 21px Kochi, Japan 21px Torreón, Meksiko 21px Lahore, Pakistan 21px Mashhad, Iran 21px Münster, Duitsland 21px Verona, Italië 21px Catubig, Filippyne 21px Bongabong, Filippyne 21px Morogoro, Tanzanië

Kategorie:Nedersettings in Kalifornië