Serena Jameka Williams (gebore 26 September 1981 in Saginaw, Michigan) is 'n voormalige Amerikaanse professionele tennisspeelster. Sy is op vier afsonderlike geleenthede deur die internasionale Women's Tennis Association as die Wêreldnr. 1 gelys.
Sy is die huidige Olimpiese vroue-enkelspelwenner en het reeds 37 Grand Slam-titels gewen: 23 in enkelspelle, 14 in dubbelspelle en 2 in gemengde dubbelspelle. Sy het ook vier Olimpiese goue medaljes in die dubbelspel vir vroue gewen. Sy is die mees onlangse speelster wat al vier Grand Slam-titels tegelykertyd gehou het (sewe Australiese, drie Franse Ope, sewe Wimbledon-kampioenskappe en ses VS Opes). Sy het meer Grand Slams as enige ander aktiewe speelster en ook meer prysgeld as enige ander sportvrou in die geskiedenis gewen.
Sy is die jonger suster van die voormalige Wêreldnr. 1 professionele vrouetennisspeler Venus Williams; die susters het sedert 1998 31 professionele wedstryde teen mekaar gespeel, waarvan Serena 19 gewen het. Sy word deur baie as een van die beste tennisspelers van alle tye beskou.
Grand Slam-rekord duimnael|links|upright|Serena Williams tydens die Olimpiese Somerspele 2016 in Rio de Janeiro duimnael|links|upright|Serena Williams nadat sy tydens die Olimpiese Somerspele 2012 in Londen die goue medalje gewen het duimnael|links|upright|Serena Williams tydens die Australiese Ope in 2010 Die tabel toon Serena Williams se prestasie tydens elk van die Grand Slam-toernooie in enkelspel vir vroue waaraan sy deelgeneem het: Jaar Australiese Ope Franse Ope Wimbledon VSA-Ope1998 Rondte 2 Rondte 4 Rondte 3 Rondte 31999 Rondte 3 Rondte 3 Beseer Wenner2000 Rondte 4 Beseer Halfeindstryd Kwarteindstryd2001 Kwarteindstryd Kwarteindstryd Kwarteindstryd Eindstryd2002 Beseer Wenner Wenner Wenner2003 Wenner Halfeindstryd Wenner Beseer2004 Beseer Kwarteindstryd Eindstryd Kwarteindstryd2005 Wenner Beseer Rondte 3 Rondte 42006 Rondte 3 Beseer Beseer Rondte 42007 Wenner Kwarteindstryd Kwarteindstryd Kwarteindstryd2008 Kwarteindstryd Rondte 3 Eindstryd Wenner2009 Wenner Kwarteindstryd Wenner Halfeindstryd2010 Wenner Kwarteindstryd Wenner Beseer2011 Beseer Beseer Rondte 4 Eindstryd2012 Rondte 4 Rondte 1 Wenner Wenner2013 Kwarteindstryd Wenner Rondte 4 Wenner2014 Rondte 4 Rondte 2 Rondte 3 Wenner2015 Wenner Wenner Wenner Halfeindstryd2016 Eindstryd Eindstryd Wenner Halfeindstryd2017 Wenner Beseer Beseer Beseer2018 Beseer Rondte 4 Eindstryd Eindstryd2019 Kwarteindstryd Rondte 3 Eindstryd Eindstryd2020 Rondte 3 Rondte 2 Toernooi nie gehou nie Halfeindstryd2021 Halfeindstryd Rondte 4 Rondte 1 Nie deelgeneem nie2022 Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Rondte 1 Rondte 32026 Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Rondte 1 Nie deelgeneem nie
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webtuiste Serena Williams se ITF-profiel Serena Williams se WTA-profiel
Kategorie:Amerikaanse tennisspelers Kategorie:Geboortes in 1981 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Olimpiese deelnemers