Die Vrouesokkerwêreldbeker 1995 (Sweeds: Världsmästerskapet i fotboll för damer 1995; Engels: FIFA Women’s World Cup) is van 5 tot 18 Junie 1995 in Swede beslis. Dit was die tweede vrouesokkerwêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse vrouesokkerwêreldkampioenskap wat deur FIFA aangebied word en die eerste in Europa. Swede het voorheen die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1958 aangebied, waarmee dit die eerste land geword het om ’n sokkerwêreldbekertoernooi vir beide mans en vroue aan te bied.

Twaalf nasionale vrouesokkerspanne het aan die Vrouesokkerwêreldbeker 1995 deelgeneem. Die spanne is in drie groepe verdeel, waarvan die twee beste spanne van elke groep en die twee beste derde-plek-spanne na die kwarteindrondte deurgedring het. Noorweë het die trofee gewen nadat hulle Duitsland met 2–0 in die eindstryd geklop en sodoende hul eerste vrouewêreldbekertitel ingepalm het. Hulle het ook die eerste Europese span geword wat daarin geslaag het. Die verdedigende kampioen die Verenigde State het in die derde en die Volksrepubliek China in die vierde plek geëindig. Die Vrouesokkerwêreldbeker 1995 het ook as kwalifisering vir die Olimpiese Somerspele 1996 se vrouesokkertoernooi gedien met die agt kwartfinaliste wat gekwalifiseer het.

Die Suid-Afrikaanse nasionale vrouesokkerspan het nie vir die toernooi gekwalifiseer nie en dus nie daaraan deelgeneem nie. Die nasionale vrouesokkerspanne van Australië, Engeland en Kanada het vir die eerste keer aan ’n vrouesokkerwêreldbekertoernooi deelgeneem. Die wedstryde se lengte is verander na die gewone 90 minuut en drie punte is vir ’n oorwinning toegeken. Dit was die laaste toernooi met die aantal van twaalf nasionale vrouesokkerspanne; vir die daaropvolgende Vrouesokkerwêreldbeker 1999 in die Verenigde State is die aantal tot 16 vermeerder.

Toewysing FIFA het oorspronklik Bulgarye as gasheer van die Vrouesokkerwêreldbeker 1995 aangewys, maar dié land moes van sy gasheerregte afstand doen. Daarna is Swede as gasheerland aangewys.

Kwalifisering Soos by die eerste Vrouesokkerwêreldbeker 1991 het twaalf lande aan die Vrouesokkerwêreldbeker 1995 deelgeneem. Elkeen van die ses vastelandse konfederasies is deur minstens een nasionale vrouespan verteenwoordig.

SpanVerskynings by eindstrydeAgtereenvolgende deelnamesLaaste verskyningVorige beste prestasie1ste1–Debuut2de21991Groepfase (1991)2de21991Kwarteindrondte (1991)2de21991Vierde plek (1991)1ste1–Debuut2de21991Groepfase (1991)1ste1–Debuut2de21991Groepfase (1991)2de21991Naaswenner (1991)2de21991Derde plek (1991)2de21991Kampioen (1991)2de21991Kwarteindrondte (1991)

Stadions Wedstryde is in die volgende stede gespeel:

Solna (Stockholm) Helsingborg Råsunda-stadion Olympia Kapasiteit: 36 800 Kapasiteit: 17 200 200px 200px Gävle Karlstad Västerås Strömvallen Tingvalla IP Arosvallen Kapasiteit: 7 300 Kapasiteit: 5 000 Kapasiteit: 10 000 200px 200px 200px

Formaat Die Vrouesokkerwêreldbeker 1995 is oor 14 dae tussen twaalf verskillende lande oor 26 wedstryde beslis. Dit het op 5 Junie 1995 op Tingvalla IP in Karlstad met die openingswedstryd tussen Duitsland en Japan afgeskop. Die toernooi het geëindig op die Råsunda-stadion in Solna op 18 Junie met die eindstryd tussen Noorweë en Duitsland, waartydens Noorweë die Vrouesokkerwêreldbekertrofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die Vrouesokkerwêreldbeker 1991 gebruik.

Kalender Die volgende tabel dui die Vrouesokkerwêreldbeker 1995 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.

+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiGroepfaseJunieMa5Di6Wo7Do8Vr9Sa10Seremonies | bgcolor=#d6325b|

|Groep A | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2 |Groep B | | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2Groep C | | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2UitklopfaseJunieSo11Ma12Di13Wo14Do15Vr16Sa17So18Seremonies

| bgcolor=#d6325b|Uitklopfase | bgcolor=#00cc33| 4

| bgcolor=#00cc33| 2

| bgcolor=#3399ff| 1 | bgcolor=#ffcc00| 1Verklaring

Groepfase Die Vrouesokkerwêreldbeker 1995 is deur twaalf nasionale vrouesokkerspanne beslis. Vir die groepfase is die twaalf deelnemende spanne in drie groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.

Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel: Drie wedstrydpunte vir ’n oorwinning; Een vir ’n gelykop; geen vir ’n nederlaag.

Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee beste spanne en die twee beste derde-plek-spanne wat na die uitklopfase deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.

Uitklopfase Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit agt wedstryde bestaan het: vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.

Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het saam met die twee beste derde-plek-spanne na die uitklopfase deurgedring. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n strafskopkompetisie bepaal.

Wedstryde Kwalifiseer vir die uitklopfase.Uit die toernooi geskakel. Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase. Die loting is op 18 Februarie 1995 op die Elite Hotel Marina Plaza in Helsingborg gehou.

Groepfase duimnael|Die loting vir die Vrouesokkerwêreldbeker 1995 is op 18 Februarie 1995 op die Elite Hotel Marina Plaza in Helsingborg gehou Twaalf spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep en die twee beste derde-plek-spanne het na die uitklopfase deurgedring.

Groep A Land320194+56320153+26310224–23310238–53

Groep B Land3300170+179320166±063012513–813012514–91

Groep C Land321094+573210106+47310265+133003313–100

Ranglys van die derde-plek-spanne LandGroepC310265+13A310224–23B3012513–81

Uitklopfase

Kwarteindrondte

Halfeindrondte

Klein finale (om die derde plek)

Eindstryd

Vrouesokkerwêreldkampioen 1995

FIFA se ranglys Ná die Vrouesokkerwêreldbeker 1995 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende vrouespanne geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger. Die ranglys vir die 1995-toernooi is soos gevolg:

duimnael|400px|Deelnemende spanne volgens ranglys:

Gasheerland Swede RangSpanGroep 1 B 6 6 0 0 23 1 +22 18 2 A 6 4 0 2 13 6 +7 12 3 C 6 4 1 1 15 5 +10 13 4 C 6 2 2 2 11 10 +1 8 In die kwarteindrondte uitgeskakel 5 A 4 2 1 1 6 4 +2 7 6 B 4 2 0 2 6 9 –3 6 7 C 4 1 0 3 7 8 –1 3 8 A 4 1 0 3 2 8 –6 3 In die groepfase uitgeskakel 9 A 3 1 0 2 3 8 −5 3 10 B 3 0 1 2 5 13 −8 1 11 B 3 0 1 2 5 14 −9 1 12 C 3 0 0 3 3 13 −10 0

Meeste doele aangeteken Meeste doele aangeteken:

Rang Speler Doele 1 Ann Kristin Aarønes 6 2 Hege Riise 5 3 Shi Guihong 3 Bettina Wiegmann 3 Kristine Lilly 3 Gitte Krogh 3 Marianne Pettersen 3 Tiffeny Milbrett 3 Heidi Mohr 3 Kristin Sandberg 3 Tisha Venturini 3 Rang Speler Doele 12 Roseli 2 Wei Haiying 2 Akemi Noda 2 Malin Andersson 2 Silvana Burtini 2 Gillian Coultard 2 Rita Nwadike 2 Mia Hamm 2 Geri Donnelly 2 Karen Farley 2 Adaku Okoroafor 2 Sun Wen 2 Maren Meinert 2 Linda Medalen 2

Verwysings

Eksterne skakels

fifa.com: Norway and the Rise of Scandinavian Football rsssf.com: Women's World Cup 1995 (Sweden)

Kategorie:Geskiedenis van Swede Kategorie:Sokker in Swede Kategorie:Sport in 1995 1995