Julián Andrés Quiñones Quiñones (gebore 24 Maart 1997) is ’n professionele sokkerspeler wat as ’n aanvaller of vleuel speel vir die Saudi Pro League-klub Al-Qadsiah. Hy is in Colombia gebore, maar verteenwoordig die Meksikaanse nasionale span.
Klubloopbaan
Quiñones het sy loopbaan begin by Futbol Paz, ’n amateur-sokkerklub in Cali, Colombia. In die 2014/2015-seisoen het hy 50 doele in 38 wedstryde aangeteken, wat die Meksikaanse klub Tigres UANL aangespoor het om hom vir hul oonder-20-span te werf.
In Clausura 2016 is Quiñones op lening na Venados gestuur, waar hy op 19 Januarie 2016 sy debuut gemaak en twee keer gescore het. In 2017 het hy op lening by Lobos BUAP aangesluit en 17 doele oor twee toernooie aangeteken.
Hy het in 2018 na Tigres UANL teruggekeer, maar hoofsaaklik ’n sekondêre rol gespeel.
In 2021 het hy by Atlas aangesluit, eers op lening en later permanent, en twee opeenvolgende ligatitels gewen.
In 2023 het hy na Club América geskuif en nog twee titels gewen.
In 2024 het hy vir $16 miljoen na Al Qadsiah in Saoedi-Arabië verhuis.
Internasionale loopbaan
Quiñones het Colombia op jeugvlak verteenwoordig, onder meer by die Suid-Amerikaanse o/20-kampioenskap in 2017 en die Sentraal-Amerikaanse en Karibiese Spele in 2018. In Mei 2023 het hy egter ’n oproep na die Colombiaanse nasionale span van die hand gewys.
Op 3 September 2023 is Quiñones genooi om saam met die Meksikaanse nasionale span te oefen. Hy het reeds vroeër sy begeerte uitgespreek om Meksiko te verteenwoordig. Op 11 Oktober het hy sy naturalisasieproses voltooi, en op 9 November het hy sy eerste amptelike oproep ontvang. Hy het op 17 November sy debuut gemaak in ’n CONCACAF Nations League-wedstryd teen Honduras. Sy eerste internasionale doel het op 21 Maart 2024 gekom in die halfeindstryd van dieselfde toernooi teen Panama, toe hy in die 43ste minuut die tweede doel aangeteken het. Meksiko het die wedstryd met 3–0 gewen.
Verwysings
Kategorie:Colombiaanse sokkerspelers Kategorie:Meksikaanse sokkerspelers Kategorie:Geboortes in 1997 Kategorie:Lewende mense