Nolusindiso “Cindy” Booi (gebore op 29 Junie 1985) is ’n Suid-Afrikaanse voormalige vrouerugbyspeler wat op slot gespeel het. Sy het vir Suid-Afrika aan die vrouerugbywêreldbekertoernooie in 2010, 2014, 2021 en 2025 deelgeneem.
Vroeë lewe en loopbaan Booi het as jong kind krieket gespeel omdat dit die gewildste sportsoort in haar dorp was. Sy is nie aan rugby blootgestel toe sy grootgeword het nie en het eers later in haar lewe met dié sport begin.
Rugbyloopbaan Booi het in 2010 haar internasionale debuut teen Kasakstan in Dubai gemaak.
Sy het aan die vrouerugbywêreldbekertoernooie in 2010 en 2014 deelgeneem. Sy het ook die Springbok-vrouesewesrugbyspan verteenwoordig.
In 2022 het sy vir die Westelike Provinsie gespeel. Sy het 30 wedstryde vir die Suid-Afrikaanse nasionale span gehad toe sy in September 2022 gekies is om vir haar land in die Vrouerugbywêreldbeker 2021 in Nieu-Seeland te speel.
Booi het in haar 50ste toets vir die Springbok-vrouerugbyspan uitgedraf toe hulle in April 2025 Spanje met 48–26 geklop het. Sy was die eerste vrouespeler wat 50 toetse vir Suid-Afrika gespeel het.
Sy is as kaptein van die Suid-Afrikaanse span tydens die Vrouerugbywêreldbeker 2025 in Engeland aangewys. Sy het deelgeneem aan haar span se 66–6 oorwinning oor Brasilië in hulle openingswedstryd van die toernooi.
Sy het ná die Vrouerugbywêreldbeker uit haar internasionale rugbyloopbaan getree.
Persoonlike lewe Booi was ’n Besigheidsbestuurstudent aan die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie.
Verwysings
Eksterne skakels Nolusindiso Booi by Springbok-vroue
Kategorie:Xhosas Kategorie:Geboortes in 1985 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Springbokvrouerugbyspelers