Sasol Voëls van Suider-Afrika is een van die gewildste veldgidse oor die voëls van Suider-Afrika. Die boek is 'n uitgebreide veldgids wat reeds 'n vierde uitgawe beleef het. Hierdie uitgawe is deeglik hersien en bygewerk om die nuutste ontwikkelings in die voëlwêreld in te sluit.

Kort beskrywings (met die Robertsnommer van die spesie), verspreidingskaarte en duidelike sketse gee aan voëlkykers riglyne oor die uitkenning van voëlspesies in die veld. By die illustrasies is kriptiese aantekeninge oor onderskeidende kenmerke om die voëlkyker met identifikasie behulpsaam te wees.

Die boek is voorsien van kleurkodes om naslaanwerk te vergemaklik. Dit is ook in Engels beskikbaar as "Sasol Birds of Southern Africa" ().

Derde uitgawe Inligting oor boek: Outeurs: Ian Sinclair, Phil Hockey, Warwick Tarboton Kunswerk: Peter Hayman en Norman Arlott Uitgewer: Struik Uitgewers

Formaat: Sagteband Publikasiedatum: Julie 2002, 3de hersiene uitgawe Aantal bladsye: 488

Vierde uitgawe Inligting oor boek: Outeurs: Ian Sinclair, Phil Hockey, Warwick Tarboton, Peter Ryan Kunswerk: Peter Hayman, Norman Arlott en Alan Harris Uitgewer: Struik Nature (Afrikaans sagteband) (Afrikaans PVC-omslag) Formaat: Sagteband of PVC-omslag Publikasiedatum: 2011, 4de hersiene uitgawe Aantal bladsye: 464

Sien ook Newman se Voëls van Suider-Afrika Sappi Voëls van Suider-Afrika

Kategorie:Niefiksie Kategorie:Suid-Afrikaanse voëlgidse Kategorie:Afrikaanse boeke