Wladimir Wolfowitsj Zjirinofski (gebore Eidelsjtein; Russies: Владимир Вольфович Жириновский; ook Zjirik genoem; Alma-Ata, Kazachstanse SSR, Sowjetunie; 25 April 1946 - 6 April 2022) was ’n Russiese politikus, kolonel van die Russiese weermag en die stigter en leier van die regse populistiese LDPR. Dié party was slegs die tweede geregistreerde politieke party in Rusland en dus die eerste amptelike opposisieparty. Voor Zjirinofski in 1993 die politiek betree het, het hy by die groot uitgewer Mir gewerk.

Agtergrond Nadat Rusland ’n demokrasie geword het, het hy en sy party dikwels die nuus gehaal. Hy het dikwels verregaande uitlatings gemaak. So wou hy die ou Sowjetrepublieke weer by sy Groot-Rusland voeg, kernwapens teen die land se vyande gebruik en kernafval in Duitsland en die Baltiese lande stort. Hy is ook bekend vir sy woede-uitbarstings. Hy het onder meer die nuus gehaal nadat hy ’n vroulike parlementslid aan haar hare getrek het en die hervormingsgesinde oudpremier Boris Nemtsof tydens ’n televisiedebat met appelsap gegooi het

Beeld oorsee Die feit dat Zjirinofski van sy pa se kant van Joodse afkoms is, het hom nie gekeer om ’n paar antisemitiese opmerkings te maak nie. Ná omstrede uitlatings oor Kazachstan is hy in 2005 deur die Kazachse regering tot persona non grata verklaar. Ná omstrede uitlatinge oor die Oekraïne tydens die Russies-Oekraïense gaskonflik in 2006 is hy in dié jaar ook in die Oekraïne tot persona non grata verklaar, maar dit is in 2007 teruggetrek. Zjirinofski is ook al uit Bulgarye gesit en Duitsland het hom al toegang geweier.

In die Weste was hy beskou as ’n politieke meeloper van die regering en nie juis ernstig opgeneem nie. Hy was dikwels beskryf as 'n fascisZhirinovsky's A-Z. (Russian parliamentary elections favored Vladimir Zhirinovsky's fascist Liberal Democratic Party) The Economist, Desember 1993The New Russia of Vladimir Zhirinovsky: Fascist Tendencies in the Liberal-Democratic Party of Russia NavoAbroad at Home; When You Appease Fascism New York Times, 17 Desember 1993 of nar.The World; Here Comes the Clown. No Joke. New York Times, 6 November 1994Hello, I Must Be Going TIME, 10 Jan. 1994Onderhoud met Loegowoi BBC Hard Talk, 19 Februarie 2008

Beeld in Rusland 250px|links|duimnael|Wladimir Zjirinofski en Wladimir Poetin in 2000. Ondanks sy manewales stem miljoene Russe met elke verkiesing vir hom. Hy het ’n reputasie opgebou as ’n luidrugtige populis wat namens die Russiese volk praat, selfs al sê hy baie goed wat mense nie wil hoor nie.

In 2000 en 2008 was hy ook ’n kandidaat en het hy sy volgelinge ’n polisiestaat beloof.Nuclear Threats and Busty Ladies in the Race for Second-Place in Russia Der Spiegel, 28 Februarie 2008 Sy vorige verkiesingsbeloftes was gratis wodka en onderklere.

Afsterwe Op 6 April 2022 het Wjatsjeslaf Wolodin, die speaker van die Doema, aangekondig dat Zjirinofski gesterf het na 'n lang siekte. Hy was 75.

Verwysings Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Nederlandse en Engelse Wikipedia-artikels.

Eksterne skakels LDPR-webtuiste (Russies) Zjirinofski oor VSA (Russies) Zjirinofski se politieke manifesto van 2007 (in Engels en Russies) Hello, I Must Be Going TIME, 10 Jan. 1994 Zhirinovsky: Russia's political eccentric BBC News, 10 Maart 2000 The trademark Zhirinovsky is up for grabs in Russia International Herald Tribune, 10 Julie 2007 ZHIRINOVSKY'S FOLLIES: Nuclear Threats and Busty Ladies in the Race for Second-Place in Russia Der Spiegel, 28 Februarie 2008 Artikels oor Zjirinofski The New York Times

Kategorie:Russiese politici Kategorie:Geboortes in 1946 Kategorie:Sterftes in 2022 Kategorie:Russiese militariste