Kamila Beregszásziová (gebore 3 Mei 1980) is ’n voormalige Slowaakse sokkerspeler. Sy het op 16-jarige ouderdom haar debuut vir die senior nasionale span van Slowakye gemaak. In haar tweede internasionale wedstryd het sy teen Noorweë, destyds die regerende wêreldkampioen, gespeel.

In 2001 is sy opgeneem in die eerste FIFA Women’s World Player of the Year-verkiesing, die eerste wêreldwye individuele FIFA-toekenning vir vrouesokker. Sy het 20ste geëindig. Sy was ook die enigste verteenwoordiger van Slowakye wat in 2001 in die finale ranglys óf van die FIFA Women's World Player the Year óf die FIFA World Player of the Year verskyn het.

Sy het haar sokkerloopbaan aan die begin van 2002 op 21-jarige ouderdom beëindig.

Klubloopbaan Beregszásziová het in 1995 vir Olympia Košice begin speel. Sy het 131 doele in 120 wedstryde vir die klub aangeteken.

Tydens haar aktiewe loopbaan het sy terselfdertyd aan die Techniese Universiteit Košice studeer.

Internasionale loopbaan Sy het haar debuut vir Slowakye op 14 Augustus 1996 teen Finland in ’n UEFA-kwalifiseringswedstryd gespeel.

Op 16-jarige ouderdom het sy teen Noorweë, die destydse regerende wêreldkampioen, in ’n UEFA Vroue-Euro 1997 kwalifiseringswedstryd gespeel.

Sy het 18 doele in 32 internasionale wedstryde aangeteken. Van hierdie doele was 13 in amptelike kwalifiseringswedstryde.

In die kwalifikasie vir die FIFA Vroue-WK 2003 het sy vier doele aangeteken in Slowakye se 7–0 oorwinning teen Bosnië-Herzegovina.

Erkenning 20ste plek – FIFA Women’s World Player of the Year (2001)

Verwysings

Kategorie:Geboortes in 1980 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Slowaakse sokkerspelers