Die bluebacks was banknote uitgegee deur die Republiek van die Oranje-Vrystaat.
Weens die Basoeto-oorloë is die land verarm. Om vir die noodsaaklike dienste te betaal is in 1865 en 1866 die sogenaamde bluebacks deur die staatsbank in Bloemfontein laat druk en uitgegee. Note met ‘n gesamentlike waarde van £30000 is uitgereik en is deur die staat gewaarborg. Aanvanklik is slegs £1-note uitgereik. Later het £5-, £10- en £20-note gevolg. Met die ontdekking van diamante was die finansiële probleme iets van die verlede. Teen 1883 is al die note teruggetrek en vernietig. ‘n Gedeelte van hierdie note was op blou papier gedruk.
Verwysings
Bronnelys Bulpin, T.V.: Lost Trails of the Transvaal. Kaapstad: Howard Timmins, 1956. 1867 Blue Bk for Col. 1866 JJ39
Kategorie:Geld