duimnael|Wonder Girls in 2016. Wonder Girls' (Koreaans: 원더걸스) was 'n Suid-Koreaanse meisiegroep wat in 2006 deur die MTV Wonder Girls-program in Seoel gevorm is. Die groep het oor die jare verander, en die huidige groep bestaan uit die kletsrymer Yubin en die sangers Yeon, Sunmi en Hyerim. Die groep is veral bekend vir hul 2008-enkelsnit "Nobody." Die enkelsnit is ook in Engels vrygestel en het nommer 76 op die Amerikaanse Billboard Hot 100 bereik.
Die groep het amptelik op 26 Januarie 2017 ontbind na onsuksesvolle kontrakhernuwingsonderhandelinge met sommige van hul lede. Op 10 Februarie 2017 het hulle hul laaste enkelsnit "Draw Me" vrygestel, wat ook as 'n viering van hul 10de bestaansjaar gedien het.
Diskografie The Wonder Years (2007) Wonder World (2011) Reboot (2015)
Kategorie:K-pop