Die Huis van Stuart, ook bekend as die Huis van Stewart, is ’n belangrike Europese koningshuis. Dit is deur Robert II van Skotland gestig en lede van die familie het in die laat 14de eeu die eerste keer monarge van Skotland geword. Die dinastie het in die 17de eeu verdere grondgebied geërf wat die hele Engeland en Skotland ingesluit het en hulle het ook aanspraak gemaak op die Franse troon.

Tussen 1371 en 1603 het nege Stuart-monarge oor Skotland regeer. Daarna was daar ’n Vereniging van die krone onder Jakobus VI en I wat die enigste aanspraakmaker geword het op die trone van die Huis van Tudor. Vyf Stuart-monarge het oor Engeland en Skotland (asook oor Ierland) regeer, maar die Stuart-tydperk is onderbreek deur die Engelse Interregnum, wat van 1649 tot 1660 geduur het ná die Engelse Burgeroorlog. Met die stigting van die Koninkryk van Groot-Brittanje ná die Verdrag van Unie, wat Engeland en Skotland polities verenig het, was Anna van Groot-Brittanje die eerste monarg. Met haar dood het die troon na die Huis van Hannover gegaan.

Tydens die bewind van die Stuarts het Skotland ontwikkel van ’n redelik arm en feodale land tot ’n vooruitstrewende, redelik moderne en gesentraliseerde staat.

Oorsprong Die naam Stewart kom van die politieke ampsposisie soortgelyk aan goewerneur, bekend as hofmeester (Engels: steward). Dit is aanvanklik as die familie se van aangeneem deur Walter Stewart, wat die derde lid van die familie was wat die amp van hoëhofmeester beklee het. Tydens die 16de eeu het die van se spelling onder Franse invloed verander na "Stuart". Dit was omdat Maria, koningin van die Skotte (Engels: Mary, Queen of Scotts) die spelling verander het om die korrekte uitspraak te verseker van die Skotse naam Stewart terwyl sy in Frankryk gewoon het.

Geskiedenis Die 6de hoëhofmeester van Skotland, Walter Stewart (1293–1326), het getrou met Marjorie, dogter van Robert the Bruce, en het ’n belangrike rol gespeel in die Slag van Bannockburn, waarmee hy verdere guns gewen het. Hul seun Robert was die erfgenaam van die Huis van Bruce en ander gebiede. Hy het eindelik die Skotse troon geërf toe sy oom Dawid II in 1371 sonder kinders dood is.

In 1503 het Jakobus IV van Skotland probeer om vrede met Engeland te bewerkstellig deur met koning Hendrik VII se dogter, Margaret Tudor, te trou. Die geboorte van hul seun, later Jakobus V, het die Huis van Stewart in die lyn van afkoms gebring met die Huis van Tudor, en die Engelse troon. Margaret Tudor is later getroud met Archibald Douglas, 6de Graaf van Angus, en hul dogter, Margaret Douglas, was die ma van Hendrik Stuart, lord Darnley. In 1565 is Darnley getroud met sy halfniggie Maria, die dogter van Jakobus V. Darnley se pa was Matthew Stewart, 4de Graaf van Lennox. Lennox was ’n afstammeling van Alexander Stewart, 4de hoëhofmeester van Skotland, wat ook afgestam het van Jakobus II. Darnley was dus ook verwant aan Maria van sy pa se kant van die familie toe hulle getroud is. Danksy hierdie verwantskap het Maria se erfgename deel van die Huis van Stewart gebly.

Maria en lord Darnley kon albei sterk aanspraak maak op die Engelse troon dansky hul gemeenskaplike ouma, Margaret Tudor. Dit het eindelik daartoe gelei dat die egpaar se enigste kind, Jakobus, ná die dood van Elizabeth I van Engeland in 1603 koning van Skotland, Engeland en Ierland geword het in wat bekend gestaan het as die Vereniging van die Krone. Die drie lande het ’n koning gedeel, maar het verskillende regerings, kerke en instellings gehad. Die vereniging het nie verhoed dat ’n gewapende opstand, bekend as die Biskoppe-oorlog, in 1639 tussen Engeland en Skotland ontstaan het nie. Dit het deel geword van die politieke en militêre konflik wat die bewind van Karel I van Engeland, Ierland en Skotland gekenmerk het en gelei het tot ’n reeks konflikte bekend as die Engelse Burgeroorlog.

Die verhoor en teregstelling van Karel I in 1649 deur die Engelse parlement was die begin van elf jaar van republikeinse regering bekend as die Engelse Interregnum. Skotland het die tereggestelde koning se seun, ook bekend as Karel, as hul monarg erken voor hulle ook in ’n republikeinde stelsel gedwing is. In dié tyd, bekend as die Protektoraat, het die belangrikste lede van die Huis van Stuart in ballingskap in Europa gewoon en was daar geen heersende koning nie. Oliver Cromwell en sy seun, Richard, het die mag in hul hande gehad as Lord-Protektors.

Die jong Karel het ná die afskaffing van die Interregnum na Engeland teruggekeer en in 1660 koning Karel II van Engeland, Ierland en Skotland geword. Hy sou egter sy bewind terugdateer na die dood van sy pa elf jaar tevore. Die Skotse steun op Frankryk het herleef in die tyd van Karel II, wie se ma Frans was. Sy suster Henrietta het ook in die Franse koninklike familie ingetrou. Hierdie Franse en Katolieke verbintenisse was ongewild en het eindelik gelei tot die val van die Stuarts, wie se vyande Protestants was, en omdat Karel die Anglikaanse gemeenskap beledig het deur nie net verdraagsaamheid teenoor Katolieke voor te staan nie, maar ook teenoor Protestantse afvalliges.

Karel het geen kinders by sy vrou, Catherine van Braganza, gehad nie, maar het minstens 12 buite-egtelike kinders by sewe verskillende minnaresse as syne erken.Fraser, p.411 Baie van die kinders het die titel hertog of graaf gekry en die hertogdom van Cleveland is spesiaal geskep vir sy een minnares, Barbara Palmer, die Gravin van Castlemaine. Die huidige hertoë van Buccleuch, Richmond, Grafton en St. Albans is almal afstammelinge van Karel.Fraser, p.413

Diana, die Prinses van Wallis was ’n afstammeling van twee van Karel se buite-egtelike seuns, die Hertog van Grafton en die Hertog van Richmond (wat ook ’n voorvader is van Camilla, koningin-gemalin van die Verenigde Koninkryk, die tweede vrou van koning Charles III). Diana se seun, William, Prins van Wallis, die eerste aanspraakmaker op die Britse troon, sal dus waarskynlik die eerste monarg wees wat van Karel II afstam.

Die bewind van Karel II se broer, Jakobus II van Engeland, is later in die Glorious Revolution omvergewerp ten gunste van Jakobus se skoonseun en dogter, Willem III & II en Maria II. Ná Maria se dood het Willem alleen regeer tot met sy eie dood en hy is opgevolg deur Maria se suster, Anna. Sy is egter sonder enige oorlewende kinders dood en die troon het daarna na die Huis van Hannover gegaan.

Monarge van die Huis van Stuart Skotland

| Robert II1371–1390 || 100px || 1316seun van Walter Stewart, hoëhofmeester van Skotland en Marjorie Bruce || Elizabeth Mure c. 1348Euphemia de Ross 1355 || 19 April 1390Dundonaldop 74 |- | Robert III1390–1406 || 100px || 1340seun van Robert II en Elizabeth Mure|| Anabella Drummond1367 || 1406Rothesay-kasteelop 66 |- | Jakobus I1406–1437 || 100px || 10 Desember 1394Dunfermline-paleis, Fifeseun van Robert III en Annabella Drummond || Joan Beaufort14238 kinders || 21 Februarie 1437Perthop 42 |- | Jakobus II1437–1460 || 100px || 16 Oktober 1430seun van Jakobus I en Joan Beaufort || Maria van Gueldres 14497 kinders || 3 Augustus 1460Roxburgh-kasteel op 29 |- | Jakobus III1460–1488 || 100px || 10 Julie 1451seun van Jakobus II en Maria van Gueldres || Margaret van Denemarke Julie 14693 kinders || 11 Junie 1488Sauchie Burn, Skotland op 36 |- | Jakobus IV1488–1513 || 100px || 17 Maart 1473Stirling-kasteelSkotlandseun van Jakobus III en Margaret van Denemarke || Margaret Tudor8 Augustus 15036 kinders || 9 September 1513Northumberlandop 40 |- | Jakobus V1513–1542 || 100px || 10 April 1512Linlithgow-paleisseun van Jakobus IV en Margaret Tudor || Madeleine van Valois 1537geen kindersMary van Guise15383 kinders || 14 Desember 1542Falkland-paleis, Fifeop 30 |- | Maria I1542–1567 || 100px || 8 Desember 1542Linlithgow-paleis dogter van Jakobus V en Mary van Guise || Francis II van Frankryk 1558Henry Stuart, lord Darnley15651 kindJames Hepburn, 4de Graaf van Bothwell1567 || 8 Februarie 1587Northamptonshireop 44Tereggestel |- | Jakobus VI1567–1625 || 100px || 19 Junie 1566Edinburg-kasteelseun van Hendrik Stuart, lord Darnley en Maria, koningin van Skotland || Anna van DenemarkeOslo23 November 1589sewe kinders || 27 Maart 1625Theobalds Houseop 58

Engeland, Ierland, Skotland en Frankryk

| Jakobus I & VI24 Maart1603–1625 || 100px|James I, by Paulus van Somer || 19 Junie 1566Edinburg-kasteelseun van Hendrik Stuart, lord Darnley en Maria, koningin van Skotland || Anna van DenemarkeOslo23 November 1589sewe kinders || 27 Maart 1625Theobalds Houseop 58 |- | Karel I(Sint Karel die Martelaar)27 Maart1625–1649 || 100px|Charles I, by Anthony van Dyck || 19 November 1600Dunfermline-paleisseun van Jakobus I en Anna van Denemarke || Henrietta Maria van FrankrykSint Augustine-abdy13 Junie 1625nege kinders || 30 Januarie 1649Whitehall-paleisop 48 (onthoof) |- | Karel II30 Januarie1660–1685Rojaliste dateer sy bewind vanaf 1649 || 100px || 29 Mei 1630Sint James-paleisseun van Karel I en Henrietta Maria van Frankryk || Catherine van BraganzaPortsmouth21 Mei 1662drie kinders (almal as kinders dood) || 6 Februarie 1685Whitehall-paleisop 54 |- | Jakobus II6 Februarie 1685 –23 Desember 1688 || 100px || 14 Oktober 1633Sint James-paleis seun van Karel I en Henrietta Maria van Frankryk || (1) Anne HydeThe Strand3 September 1660agt kinders (2) Maria van ModenaDover21 November 1673sewe kinders || 16 September 1701Château de Saint-Germain-en-Layeop 67 |- | Willem III van Oranje13 Februarie1689–1702 || 100px || 4 November 1650Den Haagseun van Willem II, Prins van Oranje and Maria Stuart || rowspan=2 | Sint James-paleis 4 November 1677drie kinders (almal as kinders dood) || 8 Maart 1702Kensington-paleisop 51 |- | Maria II13 Februarie1689–1694 || 100px || 30 April 1662Sint James-paleis dogter van Jakobus II en Anne Hyde || 28 Desember 1694Kensington-paleis op 32 |- | Anna 8 Maart1702–1707Groot-Brittanje 1707–1714 || 100px || 6 Februarie 1665Sint James-paleis dogter van Jakobus II en Anne Hyde || George van DenemarkeSint James-paleis28 Julie 168317 kinders || 1 Augustus 1714Kensington-paleisop 49

Groot-Brittanje, Ierland en Frankryk

| Anna 1707–1714 || 100px || 6 Februarie 1665Sint James-paleis dogter van Jakobus II en Anne Hyde || George van DenemarkeSint James-paleis28 Julie 168317 kinders || 1 Augustus 1714Kensington-paleisop 49

Vereniging In 1706 en 1707 is twee wette deur die Engelse en die Skotse parlement aanvaar om die Verdrag van Unie in werking te stel waarop die twee lande op 22 Julie 1706 ooreengekom het. Die wette het die Koninkryk van Engeland en die Koninkryk van Skotland (voorheen aparte state maar met dieselfde monarg) verenig in ’n enkele staat, die Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje.Welcome parliament.uk, accessed 7 October, 2008

Verwysings

Bronnelys

Addington, Arthur C. The Royal House of Stuart: The Descendants of King James VI of Scotland (James I of England). 3v. Charles Skilton, 1969–1976. Cassavetti, Eileen. The Lion & the Lilies: The Stuarts and France. Macdonald & Jane’s, 1977.

Skakels Stewart Skotland Stuart Brittanje