regs|500px
NG gemeente Secunda-Goedehoop is amptelik op 29 Maart 1981 gestig nadat dit van NG gemeente Secunda-Oos afgestig het.
Stigting Op 18 November 1979 het NG gemeente Secunda-Oos afgestig van NG gemeente Secunda Moedergemeente (beter bekend as die Rondekerk). Ds. N van Aswegen was die eerste predikant.
Kort daarna is Ds Louis van Rooyen beroep. Die twee predikante het mekaar egter nie gevind nie en op 29 Maart 1981 het NG gemeente Secunda-Goedehoop afgestig van Oos-gemeente met Ds Louis van Rooyen as eerste predikant van Goedehoop. Die twee gemeentes, Oos en Goedehoop, het die kerkgebou gedeel en dit is nou nog so. Trichardt se lidmate het op daardie stadium deel uitgemaak van Goedehoop.
Predikante Predikant Noemnaam Vervang Vorige gemeente Begin Eindig Waarheen Louis van Rooyen Louis (stigter) Secunda-Oos 1981 1983 ? Samuel Murray Samuel Louis van Rooyen ? 1983 1986 ? Johannes Willem Erasmus Esterhuizen (tweede aanstelling) ? 1984 1991 ? Japie Malan Japie Samuel Murray (proponent) 1986 1988 Trichardt Gert Joesephus Oosthuizen Gert Johannes Esterhuizen ? 1992 2008 Namibië? Anton Wynand Knoetze Anton Japie Malan (proponent) Julie 1988 * nvt Willem Joseph Lubbe Willem Gert Oosthuizen ? 2011 Mei 2022 Caledon Diederich Josef Kleynhans Diederich of DJ Willem Lubbe Jan Kempdorp Nov 2022 * nvt
Belangrike gebeurtenisse
1988: NG gemeente Trichardt stig af van Secunda-Goedehoop. Ds. Japie Malan word hul leraar. 2015: Goedehoop neem standpunt in teen die NG Kerk se Algemene Sinode se besluit om ruimte te maak vir selfdegeslagverhoudings.Kyk NG gemeente Secunda-Goedehoop se standpunt oor SGV 2017: Op 30 Maart 2017 word besluit om NG gemeente Kinross in te lyf by Secunda-Goedehoop. 2019: Op 1 Julie 2019 doleer Goedehoop.Kyk Lys van NG gemeentes wat doleer 2020: In 2020 word die Kairos NetwerkKyk Kairos Netwerk. gestig. Pieter Breytenbach van NG gemeente Moreletapark word aanvanklik as voorsitter verkies, maar word vervang deur Ds Anton Knoetze. 2023: Die Koinonia SinodeKyk Koinonia Sinode word gestig en vervang die Kairos Netwerk. Op 3-4 Mei 2023 word die eerste Koinonia Sinode gehou. Ds Anton Knoetze word as voorsitter verkies. 2024: Op 26 Feb 2024 skort Goedehoop die verband met die NG Kerk opKyk Lys van NG gemeentes wat hulle verband met die algemene sinode opgeskort het. Hulle noem hulleself steeds NG Kerk, maar onttrek hulleself van alle NG Kerk strukture (ringsittings en Hoëveld streeksinode).
Kyk ook gemeentegeskiedenis.co.za/ng-gemeente-secunda-goedehoop
Verwysings
Kategorie:Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika