Die Georgesrivier is 'n rivier in die staat van Nieu-Suid-Wallis in Australië. Dit ontspring suidwes van Sydney naby die steenkool myndorp Appin en vloei dan in 'n noordelike rigting verby Campbelltown rofweg parallel met die suidelike hoofspoorlyn.http://www.campbelltown.nsw.gov.au/default.asp?iSubCatID=1448&iNavCatID=1402 – Die Campbelltown Stadsraad se inligtingsblad oor die Georges-rivier By Liverpool draai die rivier oos en vloei verby woonbuurte soos East Hills, Lugarno, Bangor en Blakehurst voordat dit in Botanybaai uitmond naby Taren Point in die suidelike woonbuurte van Sydney.
duimnael|links|Die Georgesrivier gesien vanaf Illawong Hoofvertakkinge sluit in Cabramatta Creek, Prospect Creek, Salt Pan Creek en die Woronorarivier. Die Georgesrivier is gewild vir ontspanningsaktiwiteite soos waterski en swem. Die oewers van die rivier in die laagliggende gedeeltes word gekenmerk deur breë inlate en kronkelinge langs steil sandsteenriwwe en eskarpe waarvan baie bebou is met luukse woonhuise.
Die Georgesrivier het ook verskeie kunsmatige mere in die woonbuurt van Chipping Norton naby Liverpool. Hierdie mere staan bekend as die Chipping Norton Lakes en is die produk van sand- en klipwerke van die twintigste eeu. Die mere is nou gewild vir watersport en ontspanning vir die inwoners van die suidwestelike woonbuurte van Sydney.
'n Studam is oor die rivier gebou naby die Liverpool spoorweghalte in die negentiende eeu. Die Liverpool-studam vorm nou die boonste getygrens waar die laaste soutwater in die Georges-rivier gevind word.
Brûe oor die Georgesrivier sluit in: Captain Cook- brug (wat Sans Souci met Taren Point verbind), Tom Uglys- brug (wat Blakehurst met Sylvania verbind) en Alfords Point- brug (wat Padstow Heights met Alfordspunt verbind).
Geskiedenis Die Georgesrivier is deur goewerneur Arthur Phillip vernoem na koning George III van die Verenigde Koninkryk.The Book of Sydney Suburbs, Saamgestel deur Frances Pollon, Angus & Robertson Publishers, 1990, Gepubliseer in Australië , bladsy 107
Hengel Die Georgesrivier is 'n gewilde gebied vir hengelaars. Verskeie spesies vis word in die rivier aangetref (blinkvis, wyting, geelstert, joodvis en platkop). Daar is ook verskeie oesterplase in die rivier. Die bolope van die Georgesrivier het volop baars tydens die somermaande wat in die wintermaande afstroom migreer na die soutwater om te broei. Afvalwater wat in die rivier invloei word versigtig beheer om die rivier se habitat te bewaar.
Verwysings
Kategorie:Riviere in Australië Kategorie:Sydney