Project Prometheus is 'n kunsmatige intelligensie-beginonderneming. Dit is gestig deur Jeff Bezos, wat as mede-uitvoerende hoof sal dien. Die projek sal met $6,2 miljard in befondsing van stapel gestuur word. Vik Bajaj, 'n chemikus en fisikus van Google X, sal as mede-uitvoerende hoof dien. Teen middel November 2025 het die projek byna 100 werknemers aangestel, insluitend navorsers wat van KI-firmas Meta, OpenAI en DeepMind gewerf is.
Die maatskappy beplan onder andere om KI-tegnologie te gebruik om ingenieurswese en vervaardiging op die gebied van rekenaarkunde, lugvaart en motors te verbeter. Dit beoog om KI op fisiese take toe te pas; dit vereis stelsels wat nie net uit massiewe hoeveelhede digitale data kan leer, soos GTMe geprogrammeer is om te doen nie, maar ook uit werklike probeerslae.
Verwysings
Kategorie:Kunsmatige intelligensie