Die Azteca-stadion (Spaans: Estadio Azteca, [esˈtaðjo asˈteka]), om borgskapredes bekend as Estadio Banorte, is ’n sokkerstadion in die voorstad Coyoacán van Meksikostad. Dit is die amptelike tuiste van die sokkerspan Club América, asook van die Meksikaanse nasionale span. Die stadion lê 2 200 m bo seevlak. Met ’n kapasiteit van 87 523 is dit die grootste stadion in Latyns-Amerika en die agtste grootste sokkerstadion ter wêreld.
duimnael|links|Binneaansig van die Azteca-stadion tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2026 Die stadion word beskou as een van die bekendste en mees ikoniese sokkerstadions ter wêreld en dit is die eerste wat twee FIFA Sokker-Wêreldbekereindstryde aangebied het: die 1970-eindstryd, waartydens Brasilië vir Italië met 4–1 geklop het, en die 1986-eindstryd, wat Argentinië met 3–2 teen Wes-Duitsland gewen het. Dit was ook die plek van die beroemde kwarteindstryd in 1986 tussen Argentinië en Engeland waarin Diego Maradona beide die “Hand van God”-doel en die “Doel van die Eeu” aangeteken het. Die Azteca-stadion is die enigste sokkerstadion in die wêreld waar Pelé (in 1970) en Diego Maradona (in 1986) die FIFA Wêreldbekertrofee gewen het en daarmee ook beide Argentinië en Brasilië.
Die stadion het ook die “Wedstryd van die Eeu” gehuisves toe Italië vir Wes-Duitsland met 4–3 in ekstra tyd geklop het in een van die 1970-halfeindstryde. Verder was dit die hoofstadion vir die sokkertoernooi van die Olimpiese Somerspele 1968 en die Vrouesokkerwêreldbeker 1971, waar die eindstryd tussen Denemarke en Meksiko beslis is voor 115 000 toeskouers, wat ’n toeskouerrekord in dié tyd vir ’n vrouesokkerwedstryd was.
Die stadion is tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2026 gebruik, insluitend die openingswedstryd tussen Meksiko en Suid-Afrika, waarmee dit die eerste stadion geword het wat tydens drie FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooie gebruik is.
Daarbenewens bied die National Football League (NFL) jaarliks ’n Amerikaanse voetbal-wedstryd op die stadion aan as deel van sy International Series.
Fotogalery
Wedstryde Olimpiese Somerspele 1968
DatumTyd (UTC-6)Span 1TellingSpan 2RondteToeskouers 13 Oktober 1968 12:00 (CDT) 1–0 Groep A onbekend 14 Oktober 1968 15:30 (CDT) 1–0 Groep B onbekend 15 Oktober 1968 15:30 (CDT) 4–1 Groep A onbekend 16 Oktober 1968 15:30 (CDT) 3–0 Groep B onbekend 17 Oktober 1968 15:30 (CDT) 4–0 Groep A onbekend 18 Oktober 1968 15:30 (CDT) 0–0 Groep B onbekend 20 Oktober 1968 12:00 (CDT) 3–1 Kwarteindrondte onbekend 22 Oktober 1968 12:00 (CDT) 5–0 Halfeindrondte onbekend 24 Oktober 1968 12:00 (CDT) 2–0 Bronsmedalje-wedstryd 105 000 26 Oktober 1968 12:00 (CST) 1–4 Goue medalje-wedstryd 75 000
FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1970
DatumTyd (UTC-5)Span 1TellingSpan 2RondteToeskouers 31 Mei 1970 12:00 (CST) 0–0 Groep 1 107 160 3 Junie 1970 16:00 (CST) 3–0 92 205 6 Junie 1970 16:00 (CST) 4–1 95 261 7 Junie 1970 12:00 (CST) 4–0 103 058 10 Junie 1970 16:00 (CST) 2–0 89 979 11 Junie 1970 16:00 (CST) 1–0 108 192 14 Junie 1970 12:00 (CST) 0–1 Kwarteindrondte 26 085 17 Junie 1970 16:00 (CST) 4–3 Halfeindrondte 102 444 20 Junie 1970 16:00 (CST) 0–1 Klein finale 104 403 21 Junie 1970 12:00 (CST) 4–1 Eindstryd 107 412
FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1986
DatumTyd (UTC-5)Span 1TellingSpan 2RondteToeskouers 31 Mei 1986 12:00 (CST) 1–1 Groep A 96 000 3 Junie 1986 12:00 (CST) 1–2 Groep B 110 000 7 Junie 1986 12:00 (CST) 1–1 114 600 11 Junie 1986 12:00 (CST) 0–1 103 763 15 Junie 1986 12:00 (CST) 2–0 Agtste eindrondte 114 560 18 Junie 1986 12:00 (CST) 3–0 98 728 22 Junie 1986 12:00 (CST) 2–1 Kwarteindrondte 114 580 25 Junie 1986 16:00 (CST) 2–0 Halfeindrondte 114 500 29 Junie 1986 12:00 (CST) 3–2 Eindstryd 114 600
FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 1999
DatumTyd (UTC-5)Span 1TellingSpan 2RondteToeskouers 25 Julie 1999 12:00 (CST) 2–2 Groep A 85 000 25 Julie 1999 14:30 (CST) 5–1 Groep A 85 000 27 Julie 1999 18:00 (CST) 0–0 Groep A 65 000 27 Julie 1999 20:30 (CST) 2–2 Groep A 65 000 29 Julie 1999 18:00 (CST) 1–5 Groep A 15 000 29 Julie 1999 20:30 (CST) 1–0 Groep A 55 000 1 Augustus 1999 12:00 (CST) 1–0 (e.t.) Halfeindrondte 82 000 4 Augustus 1999 21:00 (CST) 4–3 Eindstryd 110 600
FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2026
DatumTyd (UTC-5)Span 1TellingSpan 2RondteToeskouers 11 Junie 2026 13:00 (CST) 2–0 Groep A 80 824 17 Junie 2026 20:00 (CST) 1–3 Groep K 80 824 24 Junie 2026 19:00 (CST) 0–3 Groep A 80 824 30 Junie 2026 19:00 (CST) 2–0 16de eindrondte 80 824 5 Julie 2026 18:00 (CST) 2–3 Agtste eindrondte 80 824
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf FIFA.com – Inligting oor die stadion
Kategorie:FIFA Wêreldbekerstadions Kategorie:Meksikostad Kategorie:Olimpiese stadions Kategorie:Sokkerstadions in Meksiko