Die papierblom (Limonium purpuratum) is 'n meerjarige, blomdraende bossieplant wat deel is van die Plumbaginaceae familie. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Vredenburg tot Durbanville voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 1635 km² en daar is sewe gefragmenteerde bevolkings bekend met die totale bevolking wat op minder as 1000 plante geskat word. Die spesie word steeds bedreig deur kus en industriële ontwikkeling. Tussen Chatsworth en Bokbaai word die spesie bedreig deur indringerplante.
Die spesie is deel van die fynbos en blom in Oktober.
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online Biodiversityadvisor
purpuratum Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika