thumb|220px|Kimmerië het sowat 250 miljoen jaar gelede van Gondwana weggeskeur.
Kimmerië was 'n antieke kontinent, of eerder 'n reeks mikrokontinente of terreine, wat van Gondwana in die Suidelike Halfrond weggeskeur en tot teen Eurasië in die Noordelike Halfrond gedryf het. Dit het bestaan uit dele van die huidige Turkye, Iran, Afganistan, Pakistan, Tibet, China, Myanmar, Thailand en Maleisië.
Kimmerië het tydens die vroeë Perm van die kuste van Gandwana se Paleo-Tetisoseaan weggeskeur en terwyl die Neo-Tetisoseaan in die Perm daaragter oopgeskeur het, het die Paleo-Tetis daarvoor gesluit.
Omdat die verskillende dele van Kimmerië teen verskillende tempo's noordwaarts gedryf het, het 'n Meso-Tetisoseaan in die Sisuralium tussen die verskillende dele ontstaan. Kimmerië het van oos na wes gedryf: van Australië na die oostelike Middellandse See.
Die kontinent het oor verskeie breedtegrade en klimaatsones gestrek.
Verwysings
Bronne
Skakels
Kategorie:Geologie Kategorie:Historiese kontinente