Helen Beatrix Heelis (née Potter; 28 Julie 186622 Desember 1943), beter bekend as Beatrix Potter, was 'n Engelse skrywer, illustreerder, natuurkundige en natuurbewaarder. Sy is bekend vir haar kinderboeke oor dierekarakters, soos The Tale of Peter Rabbit, wat haar eerste kommersieel gepubliseerde boek in 1902 was. Haar boeke, insluitend The Tale of Jemima Puddle Duck en The Tale of Tom Kitten, het reeds meer as 250 miljoen kopieë verkoop. Potter was 'n pionier van karakterbemarking."How Beatrix Potter Invented Character Merchandising". Smithsonian. Besoek op 6 Oktober 2022."Peter Rabbit blazed a trail still well trod". The Times. Besoek op 6 Oktober 2022. In 1903 was Peter Rabbit die eerste fiktiewe karakter om in 'n gepatenteerde sagte speelding omskep te word, wat dit die oudste gelisensieerde karakter maak.Eccleshare, Julia (22 April 2002). "Peter Rabbit Turns 100". Publishers Weekly. Besoek op 11 Mei 2023.

Potter is gebore in hoër-middelklas familie en is deur haar oppasser onderrig. Sy het min kontak met anders kinders tydens haar grootwordjare gehad. Sy het verskeie troeteldiere gehad en vakansies in Skotland en die Lake District spandeer. Dit het 'n liefde vir die landskap en die fauna en flora by haar gekweek wat sy graag noukeurig waargeneem en geverf het. Haar studie en waterverfsketse van fungi het daartoe gelei dat sy wyd gerespekteerd was in die veld van mikologie. In haar dertigs, het Potter haar hoogs suksesvolle kinderboek The Tale of Peter Rabbit self gepubliseer. Daarna het sy begin om kinderboeke voltyds te skryf en te illustreer.

Potter het meer as sestig boeke geskryf, waarvan die bekendste haar drie-en-twintig kinderboeke is. In 1905 het sy, met die opbrengs van haar boeke en 'n erfporsie van haar tannie, Hill Top Farm in Near Sawrey, 'n klein dorpie in die Lake District, gekoop. In die daaropvolgende dekades het sy nog omliggende plase gekoop om die unieke heuwellandskap te bewaar. In 1913, op die ouderdom van 47, het sy met William Heelis (1871–1945), 'n gerespekteerde plaaslike prokureur met 'n kantoor in Hawkshead getrou. Potter was ook 'n pryswenner-teler van Herdwick-skape en 'n vooruitstrewende boer met 'n groot belangstelling in grondbewaring. Sy het voortgegaan om te skryf, te illustreer en handelsware te ontwerp gebaseer op haar kinderboeke vir die Britse uitgewer Warne tot die pligte van grondbestuur en haar sig wat agteruitgegaan het, dit moeilik gemaak het.Lear 2007, p. 10

Potter is op 22 Desember 1943 op die ouderdom van 77 van longontsteking en hartsiekte in haar huis in Near Sawrey oorlede. Sy het feitlik al haar eiendom aan die Nasionale Trust nagelaat. Sy word gekrediteer vir die bewaring van baie van die grond wat nou die Lake District Nasionale Park uitmaak. Haar boeke word steeds regoor die wêreld in vele tale verkoop en haar stories word in liedjies, films, ballet, en animasie uitgebeeld. Haar lewe word ook in twee rolprente – The Tales of Beatrix Potter (1983) en Miss Potter (2006) vertel.

Biografie

Vroeë lewe

Potter se familie aan vaderskant en moederskant is van die Manchester-area. Hulle was Engelse Unitariërs,Lear 2007, p. 9 geassosieer met die afwykende Protestante gemeentes, invloedryk in 19de-eeuse Brittanje, wat die eenheid van God bevestig het en die leerstelling van die Drie-eenheid verwerp het. Potter se oupa aan vaderskant, Edmund Potter, van Glossop in Derbyshire, het een van die grootste kalikko-drukkerye in England in daardie tyd besit en later as 'n lid van die Parlement gedien.Lear 2007, pp. 10–14

Potter se pa, Rupert William Potter (1832–1914), het tersiêre onderrig by Manchester College by die Unitariese filosoof James Martineau ontvang. Daarna het hy sy opleiding as advokaat in Londen voltooi. Rupert het in regte gepraktiseer en gespesialiseer in ekwiteitsreg en oordrag. Hy het op 8 Augustus 1863 met Helen Leech (1839–1932) by die Hyde Unitarian Chapel in Gee Cross getrou. Helen was die dogter van Jane Ashton (1806–1884) en John Leech, 'n ryk katoenhandelaar en skeepsbouer van Stalybridge. Helen se kleinniggie en -neef was die sibbes Harriet Lupton (née Ashton) en Thomas Ashton, 1ste Baron Ashton van Hyde. Daar is in Julie 2014 verlsag gedoen dat Potter persoonlik 'n aantal van haar eie oorspronklike handgeskilderde illustrasies aan die twee dogters van Arthur en Harriet Lupton gegee het, wat Potter se nefie en niggie was. Catherine, Prinses van Wallis was ook 'n niggie van Potter.

Potter se ouers het 'n gemaklike lewe gelei in hul huis by Bolton Gardens 2 in West Brompton, Londen, waar Helen Beatrix op 28 Julie 1866 gebore is en haar broer Walter Bertram op 14 Maart 1872.Lear 2007, pp. 13–24 Potter se pa, Rupert, het in die aandelemark belê en teen die vroeë 1890's was hy skatryk.Lear 2007, p. 19. Rupert came into his father's estate over the course of several years, 1884, 1891 and 1905. The Potters were comfortable but they did not live exclusively on inherited wealth; Lane, (1946) The Tale of Beatrix Potter 1946, p. 1 Die West-Brompton huis is egter in die Blitz verwoes. Bousfield Primêre Skool staan tans waar die huis eens geleë was. 'n Blou gedenkplaatjie op die skoolgebou dui aan dat dit die voormalige terrein van Potter se grootwordhuis was.

Beatrix Potter is deur drie goewernesse onderrig, waarvan die laaste Annie Moore (née Carter) was, wat slegs drie jaar ouer as Potter was. Moore het haar in Duits getutor en ook as haar damesmetgesel opgetree.Lear 2007, p. 55 Sy en Potter het reg deur hul lewens vriendinne gebly en Annie se agt kinders was die ontvangers van baie van Potter se prentjiebriewe. Dit was Annie wat voorgestel het dat hierdie briewe goeie kinderboeke sou maak.Lear 2007, p. 142; Lane, 1978, The Magic Years of Potter Potter. Lane depicts Potter's childhood as much more restricted than either or Potter's two later biographers. Taylor, Beatrix Potter: Artist Story Teller, Ch 1.; Lear, 2007, pp. 25–48; Beatrix Potter, The Journal of Beatrix Potter: From 1881–1897.

Beatrix en haar jonger broer Walter (1872–1918) het grootgeword met min vriende buite hulle groot uitgebreide familie. Haar ouers was albei kunstig,Lear 2007, p. 21 geïnteresseerd in die natuur en het die platteland geniet. Potter se pa was ook 'n bedrewe amateurfotograaf.Lear 2007, pp. 35–36Rupert Potter was van 1869 tot 1912 'n lid van die Fotografievereninging, later bekend as die Royal_Photographic_Society.<ref>Information from Michael Pritchard, Director-General / www.rps.org , 13 May 2014. As kinders het die sibbes verskeie diertjies as troeteldiere gehad wat hulle noukeurig waargeneem het en sonder ophou geteken het. In hulle skoolkamer, het die twee 'n verskeidenheid van troeteldiermuise, hase, 'n krimpvarkie en vlermuise aangehou, saam met versamelings skoenlappers en ander insekte wat hulle ook graag gebestudeer en geteken het.Lear 2007, p. 31, pp. 37–44, p. 458nn15 Potter was toegewy aan die versorging van haar diertjies en het hulle dikwels met lang vakansies saam met haar geneem. Judy Taylor, Joyce Irene Whalley, Anne Stevenson Hobbs and Elizabeth Battrick, (1987) Beatrix Potter, 1866–1943: The Artist and Her World, pp.9–17, 35–48; Lear, pp. 25–48. Sy het die meeste van die eerste 15 jaar van haar lewe se somervakansies by Dalguise spandeer, 'n landgoed op die Tay-rivier in Perthshire, Skotland. Sy het graag die area verken wat haar verbeelding aangevuur het.Lear 2007, pp. 26–8, 51 Haar eerste sketsboek van die vakansies, gedateer 1875 (dus toe sy agt was), is gedigitaliseer en word by die Victoria & Albert-museum in Londen uitgestal. Potter en haar broer is baie vryheid in die platteland toegelaat en albei het bekwame leerlinge van naturgeskiedenis geword. In 1882, toe Dalguise nie meer beskikbaar was nie, het die Potters hul eerste somervakansie in die Lake District, by Wray-kasteel naby Windermere-meer spandeer.Lear 2007, pp. 51–2 Potter het hier Hardwicke Rawnsley, 'n vikaris van Wray en later die stigtersekretaris van die Nasionale Trust vir Plekke van Historiese Belang en Natuurskoon ontmoet, wie se belang in die platteland en plattelandslewe haar geïnspireer het en uiteindelik 'n langdurige invloed op haar lewe gehad het.Potter, The Journal, 1885–1897Lear 2007, pp. 52–3Op die ouderdom van 14 het Potter begin om 'n dagboek, geskryf in 'n eenvoudige substitusiekode van haar eie te hou. Haar dagboek was belangrik in die ontwikkeling van haar kreatiwiteit en het beide as 'n sketsboek en literêre eksperiment gedien. In haar klein handskrif het sy verslag gedoen oor die samelewing, haar indrukke van kuns en kunstenaars aangeteken, stories vertel en die lewe rondom haar waargeneem. Lear 2007, pp.49–51 cf. also p. 463nn1 Haar dagboek is in 1958 ontsyfer en getranskribeer deur Leslie Linder. Dit gee nie 'n intieme verslag oor haar persoonlike lewe nie, maar is 'n bron van onskatbare waarde vir die verstaan van 'n lewendige deel van Britse samelewing in die laat 19de eeu. Dit beskryf Potter se volwassewordende artistiese en intellektuele belange en dikwels ook haar humoristiese insigte oor die plekke wat sy besoek het, asook haar ongewone vermoë om die natuur waar te neem en te beskryf. Die dagboek begin in 1881 en eindig in 1897 toe sy haar kunstige en intellektuele energie op wetenskaplike studie en die poging om haar sketse te publiseer, toegespits het.Potter, "The Journal, 1885–1897" Precocious, maar gereserveerd en dikwels verveeld, het sy gesoek na meer onafhanklike aktiwiteite en gewens om geld van haar eie te kon verdien, terwyl sy steeds pligsgetrou na haar ouers, veral haar veeleisende moeder omsienLear 2007, p. 94 also cf. p. 474nn55 en hulle onderskeie huishoudings bestuur.

Wetenskaplike illustrasies en werk in mikologie duimnael|Beatrix Potter: die voortplantingstelsel van Hygrocybe coccinea, 1897. In die Viktoriaanse era is vroue van Potter se klas privaat onderrig en het selde na 'n universiteit gegaan. Potter se ouers het haar aangemoedig om hoër onderrig na te steef, maar die sosiale norme van die tyd het haar akademiese loopbaan binne Britse instansies beperk.Taylor, Artist, Storyteller, pp. 59–61; Elizabeth E. Battrick, (1999) Beatrix Potter: The Unknown Years; Lynn Barber, (1980) The Heyday of Natural History, Brian Gardiner, "Breatrix Potter's Fossils and Her Interests in Geology", The Linnean, 16/1 (January 2000), 31–47; Lear 2007, pp. 76–103; Potter, Journal, 1891–1897.

Sy het belanggestel in elke tak van die natuurwetenskap behalwe astronomie.Lear 2007, p. 98 Plantkunde was 'n passie vir meeste Viktorianers, en natuurstudies was 'n populêre enthusiasm. Sy het fossiele versamel,Brian G. Gardiner, "Beatrix Potter's fossils and her interest in Geology," The Linnean: Newsletter and Proceedings of the Linnean Society of London 16/1 (January 2000), pp. 31–47 argeologiese artefakte van Londenuitgrawings bestudeer en het belanggestel in entomologie. In al hierdie areas het sy monsters met haar toenemende vaardigheid geverf en geteken. Teen die 1890's het sy haar wetenskaplike belangstelling gefokus op mikologie. Sy is eers gelok tot fungi as gevolg van hulle kleure en hulle verganklikheid in die natuur en haar genot om hulle te skilder. Haar belangstelling het egter verdiep naday sy Charles McIntosh gedurende die somervakansie van 1892 in Dunkeld, Perthshire ontmoet het. Hy was 'n gerespekteerde natuurkundige en amateur mikoloog. Hy het haar gehelp om die akkuraatheid van haar sketse te verbeter, haar taskonomie geleer en haar van lewendige monsters voorsien om tydens die winter te verf.