Hierdie is 'n lys van monumente en gedenktekens vir Gideon Scheepers:

Graaff-Reinet: ‘n Twee kilometer uit die dorp by , teenoor die Nqweba-dam, op die pad na Murraysburg is 'n monument wat die plek aandui waar Scheepers doodgeskiet is. Dit val binne die grense van die Kamdeboo- Nasionale Park.

Arnot: Op sy geboorteplaas Roodepoort in die Scheepers-familiekerkhof is daar 'n gedenknaald. Dit is by en naby die Arnot-spoorweghalte.

Riversdal / Ladismith: 'n Gedenknaald staan langs die R323-pad net suid van die Voetpadskloof en noord van die Garciapas. Hierdie monument is by en naby die Miertjieskraaldam. Dit is op 10 Oktober 2006 onthul.

Uniondale / Avontuur: In die Uniondale-poort, op die plaas Holledrift 449, by die De Hoop-afdraai vanaf die R338-pad staan die monument. Die koördinate is .

Wolwefontein: Op die plaas Koppieskraal dui 'n gedenksteen die plek aan waar Scheepers gevange geneem is.

Bibliografie https://graaffreinet.co.za/gideon-scheepers-memorial/ Grobler, Jackie: Monumentale Erfenis – ‘n Gids tot 50 Afrikaner-gedenktekens. Pretoria: Kontak-Uitgewers, 2012.  https://maroelamedia.co.za/goeiegoed/goeie-nuus/op-die-vergete-spoor-van-gideon-scheepers/ http://samilitaryhistory.org/jnl2/vol185gs.html https://www.trip.com/travel-guide/attraction/south-cape-dc/gideon-scheepers-boer-war-memorial-147478555/

Kategorie:Monumente en gedenkwaardighede in Suid-Afrika