Hierdie is 'n lys van monumente en gedenktekens vir Vasco da Gama:

Afrika St. Helenabaai-padrão Vasco da Gama-piek op Kaappunt Vasco, 'n woonbuurt tussen Vrijzee en Goodwood in Kaapstad Da Gama-kruis by 34° 18′ 50″ suid, 18° 26′ 13″ oos, te Bordjiesdrif by Buffelsbaai op Kaappunt in die Tafelberg Nasionale Park. Hierdie kruis en die nabygeleë Dias-kruis is aanvanklik opgerig as navigasiebakens. As die twee bakens in lyn gebring word, dui dit na die gevaarlike ondersese Whittle Rock in Valsbaai by 34° 17′ 14″ suid en 18° 24′ 53″ oos. Vasco da Gama-horlosie in Durban die Vasco da Gama-pilaar by Malindi in Kenia is nog 'n oorspronklike padrão uit 1498 In Maputo is 'n tuin wat oorspronklik bekendgestaan het as die Vasco da Gama-tuin en beroemd was om sy eksotiese flora en fauna uit Asië. Standbeeld: In November 1970 is 'n beeld van Da Gama in die Jardin Público de Évora in Portugal onthul om Da Gama se 500ste geboortejaar te vier. Dit was 'n skenking van die inwoners van die Suid-Afrikaanse provinsie Natal aan die volk van Portugal. Dit is gemaak deur Coert Steynberg en oorhandig deur die Suid-Afrikaanse minister van binnelandse sake, Theo Gerdener, 'n voormalige administrateur van Natal.

Kategorie:Monumente en gedenkwaardighede in Suid-Afrika