Die St. Helenabaai-padrão is ‘n monument ter ere van Vasco da Gama.https://artefacts.co.za/main/Buildings/bldgframes_mob.php?bldgid=14641

Hierie kruis is opgerig op 8 November 1969 en staan by 32° 43′ 40.6″ suid en 17° 58′ 45″ oos, tussen St. Helenabaai en Stompneusbaai.

Portugal het hierdie padrão aan Suid-Afrika geskenk ter herdenking aan die geboorte van Vasco da Gama 500 jaar tevore. Dit is opgerig op die dag waarop die vloot onder Da Gama in 1497 daar aangeland het nadat dit 3 maaande en 1 dag lank met behulp van sterrenavigasie langs ‘n heeltemal nuwe roete vanaf Santiago op die Kaap Verdiese Eilande tot hier gevaar het. Hierdie nuwe seeweg tussen die Weste en die Ooste het ‘n nuwe tydvak in die wêreldgeskiedenis ingelui.

Verwysings

Kategorie:Monumente en gedenkwaardighede in Suid-Afrika