Andrew Barnes-Roberts is 'n Engelse nuusleser, seremoniemeester, afslaer en paneelmoderator. Hy is bekend vir sy werksaamheid as seniornuusleser by die Suid-Afrikaanse nuuskanale eTV en eNCA, waar hy die medenuusleser vir die program All Angles ("Alle hoeke") was. Hy is tans nuusleser op die program SA Tonight ("[Suid-Afrika] vannag").
Vroeë lewe en opvoeding Barnes is in Yorkshire, Engeland gebore. As kind was dit sy droom om 'n nuusleser te word. Hy matrikuleer in 1988 aan die Hoërskool Blairgowrie in Johannesburg en verwerf in 1993 die graad B.A. in Engels en drama aan die Universiteit van Kaapstad.
Loopbaan Barnes is in 2016 tydelik deur eNCA van die lug af gehaal nadat hy die spot met minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, se uitspraak gedryf het. eNCA het Barnes se kommentaar as "kwetsend, onnodig en diep ongevoelig" beskryf en om verskoning vir die voorval gevra. Barnes het ook om verskoning gevra. Barnes het in 2016 tydelik eNCA en Suid-Afrika verlaat om "'n nuwe lewe" met sy gay minnaar in Suidoos-Asië te begin. Hy stig in daardie jaar The Presentation Clinic (Die voorleggingskliniek) in Kambodja. In 2025 het Barnes om verskoning gevra nadat hy oor die nasionale woordvoerder van die African National Congress, Mahlengi Bhengu-Motsiri, gesê het hy hoop sy ly nie meer honger nie en dat sy haar meer as een keer tot toebroodjies by die venue vir die nasionale dialoog gehelp het.
Persoonlike lewe Barnes is gay en is getroud met Brandon Roberts.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Lewende mense