AFC Bournemouth is ’n professionele sokkerklub wat in Kings Park, Boscombe — ’n voorstad van Bournemouth, Dorset, Engeland — gebaseer is. Die klub neem deel aan die Premierliga, die hoogste vlak van Engelse sokker. Die klub is in 1899 gestig as Boscombe en het in 1971 hul huidige naam aangeneem. Hulle bynaam is “The Cherries”, en hulle word algemeen bloot Bournemouth genoem. Die klub speel sedert 1910 hul tuiswedstryde by Dean Court.

Die klub het op 27 April 2015 vir die eerste keer in sy geskiedenis bevordering na die Premierliga verseker. Bournemouth het vyf seisoene in die Premierliga gebly voordat hulle in 2020 gedegradeer is, maar het in 2022 weer teruggekeer.

Verwysings

Externe skakels Amptelike webwerf

Kategorie:Engelse sokkerklubs