Namibië (Duits: Namibia, [naˈmiːbi̯a]; Engels: Namibia, [nəˈmɪbiə], [næˈmɪbiə], ), amptelik die Republiek van Namibië (Engels: Republic of Namibia; Duits: Republik Namibia, ), is ’n republiek in Suider-Afrika waarvan die westelike grens die Atlantiese Oseaan is. Die land grens ook aan Angola en Zambië in die noorde, Botswana in die ooste en Suid-Afrika in die ooste en suide. Hoewel dit nie aan Zimbabwe grens nie, is Namibië deur 200 m van die Zambezi se rivierbedding van Zimbabwe geskei (dit is waar die grens met Zambië en Botswana is). Volgens ander menings ontmoet die grense van die vier lande Botswana, Namibië, Zambië en Zimbabwe op een enkele punt en sal vervolgens die enigste internasionale vierlandepunt wêreldwyd vorm. Namibië land het op 21 Maart 1990 onafhanklikheid van Suid-Afrika gekry na afloop van die Namibiese Onafhanklikheidsoorlog. Die hoofstad en grootste stad is Windhoek. Namibië is ’n lidland van die Afrika-unie, Gemeenskaplike Monetêre Gebied, Suider-Afrikaanse Doeane-unie, Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap, Britse Statebond en die Verenigde Nasies. Namibië geniet ’n hoë politieke, ekonomiese en sosiale stabiliteit.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,
duimnael|links|Nasa-satellietbeeld van Namibië duimnael|links|Kaart van Namibië Die naam "Namibië" is afgelei van die Namibwoestyn, wat die hele kusgebied van dié land beslaan. Dit is as ’n neutrale naam ná dié land se onafhanklikheid gekies om ’n moontlike benadeling van een van die Namibiese volke te voorkom. Mburumba Karina word as Namibië se naamgewer beskou.
Namibië is die droogste land in Afrika suid van die Sahara en is sedert die vroegste tye deur Boesmans, Damaras en Namas bewoon. Omtrent die 14de eeu n.C. het immigrerende Bantoes tydens die Bantoemigrasie die gebied bereik. Sedertdien vorm die Bantoegroepe, waarvan die Ovambo's die grootste is, die dominante bevolkingsgroep en sedert die laat 19de eeu vorm hulle die bevolkingsmeerderheid.
In 1878 het die Britse Kaapkolonie die hawe van Walvisbaai en die aflandige Pikkewyn-eilande geannekseer; met die stigting van die Unie van Suid-Afrika in 1910 het hulle ’n integrale deel van dié unie geword. In 1884 het die grootste deel van Namibië as Duits-Suidwes-Afrika ’n protektoraat (Schutzgebiet) van die Duitse Keiserryk geword. Die Duitsers het met die ontwikkeling van die infrastruktuur en landbou begin. Dit het en ’n Duitse kolonie gebly tot aan die einde van die Eerste Wêreldoorlog, nadat die Duitse troepe tydens die Suidwes-Afrika-veldtog in 1915 deur die Suid-Afrikaanse Leër verslaan is. In 1920 het die Volkebond die mandaat aan die Verenigde Koninkryk onder die administrasie van Suid-Afrika oorgedra. Vervolgens het Suid-Afrika sy wette, insluitende die rasseklassifikasies en reëls, Suidwes-Afrika opgelê. Vanaf 1948, toe die Nasionale Party tydens die algemene verkiesing van 1948 ’n meerderheid behaal het, het Suid-Afrika sy Apartheidswette ook op die destydse Suidwes-Afrika toegepas.
In die laat 20ste eeu het opstande en eise deur Afrikaleiers wat vir die Namibiese onafhanklikheid gepleit het, daartoe gelei dat die Verenigde Nasies in 1966 direkte verantwoordelikheid vir die gebied aanvaar het, maar Suidwes-Afrika het de facto onder Suid-Afrikaanse gesag gebly. Die VN het in 1973 SWAPO as die amptelike verteenwoordiger van die Namibiërs erken; dié party is deur die Ovambo's oorheers, wat die grootste deel van die bevolking vorm. Na interne konflikte het Suid-Afrika in 1985 ’n tussentydse administrasie in Namibië ingestel. Namibië het in 1990 volle onafhanklikheid van Suid-Afrika verkry, met die uitsondering van Walvisbaai en die Pikkewyn-eilande wat tot 1994 onder Suid-Afrikaanse beheer gebly het.
Namibië het ’n bevolking van 2,8 miljoen en is ’n parlementêre demokrasie met ’n veelpartystelsel. Landbou, veeteelt, toerisme en mynbou – insluitend die myn van diamante, uraan, goud, silwer en onedele metale – vorm die ruggraat van die Namibiese ekonomie. Gegewe die teenwoordigheid van die onherbergsame Namibwoestyn is Namibië een van die ylbevolkste lande ter wêreld. Ongeveer die helfte van die bevolking leef onder die internasionale broodlyn en die land is swaar getref deur die Vigs-epidemie met 15% van die volwasse bevolking wat teen 2007 besmet was.
Etimologie Die landsnaam is ontleen aan die Namibwoestyn, die oudste woestyn in die wêreld. Die naam Namib is op sigself van Nama-oorsprong en beteken "groot plek". Voor sy onafhanklikheid in 1990 was die gebied bekend as Duits-Suidwes-Afrika (Deutsch-Südwestafrika) en daarna as Suidwes-Afrika. Dit weerspieël die koloniale besetting van Duitsland en die Suid-Afrikaanse regering namens die Britse kroon (as gevolg van Suid-Afrika se dominiumstatus binne die Britse Ryk).
Geskiedenis
Pre-koloniale era duimnael|links|Die Wit Vrou Die droë gebiede van Namibië is sedert die vroegste tye bewoon deur Boesmans, Damaras en Namas en sedert ongeveer die 14de eeu deur immigrerende Bantoes wat met die Bantoemigrasie uit sentraal Afrika gekom het. Van die laat 18de eeu en daarna het Oorlamstamme vanuit die Kaapkolonie die Oranjerivier oorgesteek en hulle in die area wat vandag suidelike Namibië is, gevestig. Hulle ontmoetinge met die nomadiese Namastamme was oorwegend vreedsaam. Die sendelinge wat saam met die Oorlams getrek het, is goed ontvang deur die Namas en die reg om watergate en weiding te gebruik is teen ’n jaarlikse fooi toegestaan. Op hul pad noordwaarts het die Oorlams ontmoetings met segmente van die Hererostam by Windhoek, Gobabis en Okahandja gehad wat nie so akkommoderend was nie. Die Nama-Herero-oorlog het in 1880 uitgebreek met vyandighede wat eers afgeneem het nadat die Duitse Keiserryk troepe ontplooi het in die betwiste gebiede. Hulle het die status quo tussen die Namas, Oorlams en Herero's gehandhaaf.
duimnael|’n Groep Herero’s, ca. 1910 Die eerste Europeërs wat voet aan wal gesit en die gebied verken het was die Portugese seevaarder Diogo Cão in 1485 en Bartolomeus Dias in 1486; die gebied is egter nie deur die Portugese kroon beset nie. Soos die grootste deel van Afrika suid van die Sahara, is Namibië nie omvangryk verken deur Europeërs tot die 19de eeu nie, toe handelaars en setlaars, hoofsaaklik vanuit Duitsland en Swede, daar aangekom het. In die laat 19de eeu het die Dorslandtrekkers die gebied oorgesteek op pad van die Zuid-Afrikaansche Republiek na Angola. Van die Trekkers het in Namibië agtergebly in plaas daarvan om die tog na Angola te voltooi. Andere het na Namibië teruggekeer nadat Angola deur die Portugese hulle tot die katolisisme probeer bekeer het en die gebruik van hul taal in skole verbied het.
Duitse bewind
duimnael|links|upright|Adolf Lüderitz, die stigter van Duits-Suidwes-Afrika Namibië het in 1884 onder Otto von Bismarck ’n Duitse kolonie geword om Britse besetting te voorkom en het bekend gestaan as Duits-Suidwes-Afrika (Deutsch-Südwestafrika); in die omgangstaal is hierdie benaming dikwels afgekort tot Deutsch-Südwest ("Duits-Suidwes"). Die Palgrave-sendingstasie van die Britse Goewerneur het bepaal dat slegs die natuurlike diepwaterhawe van Walvisbaai die moeite werd was om te beset – dit is vir die Brittanje deur die Kaapkolonie beset.
duimnael|Die Christuskerk en Ruiterstandbeeld in Windhoek Van 1904 tot 1907 het die Herero's en die Namakwas die wapen teen die Duitsers opgeneem en in die gevolglike opstand het 10 000 Namas (ongeveer die helfte van die bevolking) en naastenby 65 000 Herero's (ongeveer 80% van die bevolking) omgekom. Drechsler, Horst (1980). Die werklike sterftegevalle in die relatief min veldslae was nie so baie nie, en meeste sterftes het plaasgevind ná die veldslae as gevolg van ’n bevel wat deur Lothar von Trotha uitgevaardig is. ’n Aansienlike minderheid van Herero's het oor die Kalahari na Betsjoeanaland gegaan waar ’n klein gemeenskap steeds woon (in Wes-Botswana) naby die Namibiese grens. Ons sal vegtend sterf, aanvanklik in 1966 uitgegee onder die titel “Südwestafrika unter deutsche Kolonialherrschaft”. Berlyn: Akademie-Verlag. Mohamed Adhikari, "'Bloedstrome en geldstrome': Nuwe perspektiewe op die uitwissing van die Herero- en Namavolke van Namibië, 1904–1908," Kronos: Tydskrif van Kaapse geskiedenis 2008 34: 303–320 Nadat die oorlewendes uit aanhouding vrygelaat is, is hulle onderwerp aan onteiening, deportasie, gedwonge arbeid en segregasie.
Die meeste Afrikane is beperk tot sogenaamde inboorlinggebiede wat later onder Suid-Afrikaanse regering tot Bantoestans verklaar is. Sommige historici gaan selfs sover as om te spekuleer dat die volksmoord in Namibië as model vir die Nazi’s in die sjoa Benjamin Madley, "Van Afrika na Auschwitz: Hoe Duits-Suidwes-Afrika idees en metodes gekweek het wat deur die Nazi’s in Oos-Europa gebruik is," European History Quarterly 2005 35(3): 429–464 sê dit het die Nazi’s beïnvloed. of Joodse volksmoord gedien het, maar die meeste geleerdes meen dat dit nie werklik ’n invloed op die Nazi’s, wat in daardie tyd kinders was, gehad het nie. Die vader van Hermann Göring, Heinrich Göring, was wel op sy dag ’n koloniale goewerneur in Namibië en ’n straat in Swakopmund is na hom vernoem. Robert Gerwarth, et al. "L'Antichambre de l'Holocauste? A propos du Debat sur les Violences Coloniales et la Guerre d'Extermination Nazie" ("Die voorkamer van die sjoa? Die debat oor koloniale geweld en die Nazi-oorlog van uitwissing") Vingtième Siècle 2008 (99): 143–159 meen die meeste geleerdes het nie gedink dat die Nazi’s beïnvloed is nie. Die gedagte van die volksmoord bly relevant tot die etniese identiteit in onafhanklike Namibië en tot verhoudinge met Duitsland. Reinhart Kössler, en Henning Melber, "Völkermord und Gedenken: Der Genozid an den Herero und Nama in Deutsch-Südwestafrika 1904–1908," ("Volksmoord en herinnering: die volksmoord van die Herero en Nama in Duits-Suidwes-Afrika, 1904–08") Jahrbuch zur Geschichte und Wirkung des Holocaust 2004: 37–75 Die Duitse regering het in 2004 formeel om verskoning gevra vir die Namibiese volksmoord.
Suid-Afrikaanse bewind en die stryd om onafhanklikheid
duimnael|links|VN-Posseël van 1975, wat die Onafhanklikheid van Namibië eis duimnael|Die Odendaal-plan vir Bantoestans in Suidwes-Afrika in 1964 duimnael|Kaart van tuislande in Suidwes-Afrika in 1978 Suid-Afrika het die kolonie in 1915 beset nadat die Duitse magte in die Eerste Wêreldoorlog verslaan is. Dit is as ’n mandaatgebied van die Volkebond vanaf 1919 geadministreer. Hoewel die Suid-Afrikaanse regering Suidwes in sy eie gebied wou inkorporeer, het dit nooit amptelik gebeur nie maar dit is deurgaans as die de facto ‘vyfde provinsie’ bestuur met die bevolking van Namibië wat verteenwoordiging in die Parlement van Suid-Afrika geniet het. Hulle het ook hul eie administrasie en Wetgewende Vergadering gekies. Die Suid-Afrikaanse regering het ’n administrateur vir SWA aangestel wat uitgebreide magte gehad het.
Na die Volkebond se tersydestelling en die ontstaan van die Verenigde Nasies in 1946 het Suid-Afrika geweier dat sy vroeëre mandaat deur ’n Trusteeskap van die Verenigde Nasies vervang moet word (wat nadere internasionale monitering van die gebied se administrasie saam met ’n definitiewe onafhenklikheidskedule vereis het). Die Herero's se Raad van Hoofmanne het ’n aantal petisies by die VN ingedien om te vra vir Namibië se onafhanklikheid gedurende die 1950’s. Gedurende die 1960’s, toe Europese moondhede onafhanklikheid aan hul kolonies en trustgebiede begin gee het, het die druk op Suid-Afrika begin toeneem om dieselfde met Namibië te doen. In 1966 het die Internasionale Geregshof ’n klag teen Suid-Afrika se volgehoue teenwoordigheid in die gebied van Ethiopië en Liberië van die hand gewys maar die VN se Algemene Vergadering het uiteindelik Suid-Afrika se mandaat teruggetrek. In 1971 het die Internasionale Geregshof ’n “adviserende mening” uitgebring waarin verklaar is dat Suid-Afrika se volgehoue administrasie van die gebied onwettig is.