duimnael|links|Patricia de Lille Die Onafhanklike Demokrate was 'n politieke party in Suid-Afrika. Dit het verteenwoordiging in die Parlement van Suid-Afrika gekry toe die stigter, Patricia de Lille, oorgeloop het deur verteenwoordigingstemme van die Pan Africanist Congress of Azania (PAC) te gebruik.
Die party het veral ondersteuning in die Wes-Kaap onder sogenaamde bruin kiesers waar dit talle stadsrade in ooreenkomste met die (Demokratiese Alliansie) DA regeer het, geniet. Dit het die plaaslike owerhede Saldanhabaai, Bergrivier, Kaapstad en die Weskus-distriksmunisipaliteit ingesluit.
Op 15 Augustus 2010 is aangekondig, dat dié party met die groter Demokratiese Alliansie sou saamsmelt om die regering van die African National Congress (ANC) uit te daag. Andrew Harding: "South African opposition parties to merge", 15 Augustus 2010. Die party is in 2014 as 'n afsonderlike politieke organisasie ontbind.
Verkiesingsresultate Verkiesing Stemme % Setels 2009 162 915 0,92 4 2004 269 765 1,70 7
Sien ook Lys van politieke partye in Suid-Afrika
Verwysings
Kategorie:Voormalige politieke partye in Suid-Afrika