Christopher Phillip Henn (21 November 1961 - 5 November 2025) was 'n Suid-Afrikaanse akteur en skrywer. Hy was bekend vir sy rolle as Johann Vorster in Egoli, Chris van Deventer in Binnelanders (2005-2009), Eben Swanepoel in Suidooster (2018) en Francois Fourie in Kelders van geheime (2024).
Loopbaan Henn was in die vroeë 1980's persfotograaf vir Rapport. Sy roman 500 myl verskyn in Desember 2019.
Afsterwe Henn sterf op 5 November 2025 in die ouderdom van 63 nadat hy by 'n huis in Oesterbaai in die Oos-Kaap geval het.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Suid-Afrikaanse manlike akteurs van die 21ste eeu Kategorie:Sterftes in 2025 Kategorie:Geboortes in 1961