Die Citrusdal-lemoenboom op ‘n plaas in die omgewing van Citrusdal is tot gedenkwaardigheid verklaar.
Hierdie boom staan by 32° 26′ 25″ suid, 18° 58′ 23″ oos op die plaas Groot-Heksrivier.
In Junie 1654 het die eerste sitrusbome in Kaapstad met die skip Tulp vanaf St. Helena aangekom. Hulle is in die Kompanjiestuin aangeplant en in Julie 1661 het Jan van Riebeeck die eerste vrugte van hierdie bome geëet. Kort daarna was daar al meer as ‘n 1000 bome en is van die oortollige bome in die vallei van die Olifantsrivier aangeplant. Een van hierdie oorspronklike bome geplant in 1777 dra nou nog lemoene en is tot natuurmonument verklaar.
Lees ook Kampioenboom
Verwysings
Kategorie:Monumente en gedenkwaardighede in Suid-Afrika Kategorie:Bome