Die huis Pallinghurst in Johannesburg huisves die Hope Convalescent Home for Crippled Children, ‘n skool vir fisiesgestremde kinders.

Ligging Hierdie historiese woning is by Pallinghurstweg 34, Westcliff in Randburg by 26° 10′ 09″ suid en 28° 01′ 47″ oos en bied ‘n uitsig in die verte oor die Magaliesberg.

R.M. Schumacher Raymond Moritz Schumacher (*Oxfordshire, April 1871 - †Oxfordshire, 5 Junie 1944) en sy vrou Hope arriveer in 1894 in die Zuid-Afrikaansche Republiek. Hy werk op die goudmyne, word skatryk en vorder tot adjunk-president van die Kamer van Mynwese. In 1902 koop hy 26 acres in die buurt wat vandag bekend staan as Westcliff. Hier laat hy ‘n huis bou wat pas by die weelderige lewensstyl van die bevoorregte mynbase van daardie tyd. Die Schumachers laat byvoorbeeld hul drinkwater uit Engeland invoer en laat hul was goed in Kaapstad doen. Die huis waarvan die mure met sy stutmure laat dink aan ’n fort, het die naam van die dorpie in Surrey waaruit sy familie stam. Wie die argitek was, is onbekend, maar dit is feitlik seker dat Herbert Baker betrokke was die by die bouplannne van die perdestalle.

skenking Weens die ant-Duitse houding teenoor Schumacher tydens die Eerste Wêreldoorlog weens sy Duitse van, keer hy, sy vrou Hope en hul 12-jarige dogter Hazel in 1916 na Engeland terug. Ook in Engeland ervaar hy ‘n onvriendelike houding. Dit is so erg dat hy sy van verander na Ffennell, sy ma se nooiensvan. Hy keer nooit na Suid-Afrika terug nie. Pallinghurst skenk hy aan die stad Johannesburg met die wens dat daarin ‘n inrigting vir gestremdes gehuisves word en dat die skool die naam van sy vrou sal dra.

Monument Die gebou vorm deel van ‘n argitektoniese nalatenskap en ‘n nostalgiese aandenking aan die groot mynbase aan die Witwatersrand aan die begin van die 20ste eeu.

Verwysings

Eksterne skakels Hope School

Kategorie:Geboue en strukture in Johannesburg