Die Pivaansbad is ‘n warmwaterbron in kwaZulu-Natal.
Hierdie ontspanningsoord is 16 km van Paulpietersburg, 31 km van Vryheid en op die plaas Koubadplaas aan die Bivanerivier. Dit is by die koördinate 27° 31′ 38.10″ suid en 30° 52′ 0.06″ oos en kan beskou word as deel van die toeristiese Slagveldroete.
Boere wat ‘n koue fontein hier ontdek het, het die plaas Koubad genoem, want hulle was onbewus van die warm swawelfontein daar baie naby.
Later jare het die warmbron bekend gestaan as Lulu Natal Spa en nog later as Natal Spa Hot Springs & Leisure Resort.
Bibliografie battlefieldsroute.co.za https://www.sa-venues.com/visit/natalspahotsprings/ https://www.vryheidtourism.co.za/sleep/hotels/27-natal-spa
Kategorie:KwaZulu-Natal Kategorie:Warmwaterbronne