Die Visepresident van die Verenigde State is die tweede hoogste openbare amp in die Verenigde State onder die Grondwet van die Verenigde State. Hy of sy word, saam met die President van die Verenigde State, indirek deur die Amerikaanse volk in 'n presidensiële verkiesing verkies.
Die Visepresident is eerste in die lyn van opvolging van die President van die Verenigde State indien hy of sy nie in staat is om die pligte van die presidentskap uit te voer nie as gevolg van dood, onvermoë, bedanking of afsetting. Indien die Visepresident nie in staat is om die presidentskap te aanvaar nie, is die volgende in die lyn om op te volg die Speaker van die Huis van Verteenwoordigers, gevolg deur die President pro tempore van die Senaat. Die Visepresident is ook die Voorsittende Beampte van die Senaat.
Die visepresident en sy of haar gesin woon op die landgoed van die Verenigde State se vlootsterrewag in Washington DC.
Die huidige visepresident van die Verenigde State is J.D. Vance (sedert 2025). Daar is ses lewende voormalige visepresidente: Dan Quayle, Al Gore, Dick Cheney, Joe Biden, Mike Pence en Kamala Harris.
Verwysings
Kategorie:Adjunkpresidente van die Verenigde State