Shameless is 'n Amerikaanse komediedramareeks vir televisie wat deur John Wells ontwikkel is en van 9 Januarie 2011 tot 11 April 2021 op Showtime gewys is. Dit is 'n verwerking van Paul Abbott se Britse reeks Shameless en die hoofakteurs is William H. Macy en Emmy Rossum. Die reeks speel af in die South Side van Chicago, Illinois. Die hele reeks is op Netflix te sien.

Shameless is die oorspronklike reeks met die langste looptyd in Showtime se geskiedenis. Dit is in Januarie 2020 hernu vir sy 11de en laaste seisoen. Weens die Covid-19-pandemie het dit later begin as beplan: op 6 Desember 2020.

Rolverdeling

William H. Macy as Francis “Frank” Gallagher, die patriarg van die Gallagher-gesin en die pa van Fiona, Lip, Ian, Carl, Debbie en Liam. Hy is 'n alkoholis en altyd werkloos. Hy gebruik verskeie skelmstreke om geld te maak. Hy is 'n narsissis en gee net om waar sy volgende drankie of dwelmmiddel vandaan gaan kom. Hy stel sy kinders dikwels in gevaar of verlaat hulle om in sy eie behoeftes te voorsien. Emmy Rossum as Fiona Gallagher, die lewendige en straatslim oudste dogter wat die ander kinders grootmaak weens Frank en Monica se verwaarlosing. Sy is impulsief en selfvernietigend. Justin Chatwin as Steve Wilton / Jimmy Lishman, 'n motordief wat in die eerste drie seisoene Fiona se liefdesbelangstelling is. Ethan Cutkosky as Carl Gallagher, die derde oudste Gallagher-broer, wat dikwels probleme veroorsaak. Shanola Hampton as Veronica "V" Fisher, Fiona se beste vriendin en buurvrou, wat saam met haar man, Kevin, dikwels die Gallaghers help. Steve Howey as Kevin "Kev" Ball, Veronica se man en eienaar van die plaaslike kroeg, The Alibi Room. Hy is eksentriek en altyd verspot-onnosel. Emma Kenney as Debbie Gallagher, die eiesinnige jongste Gallagher-dogter. Sy word later 'n lesbiër en gaan uit met Sandy Milkovich, die niggie van Mandy en Mickey. Jeremy Allen White as Philip "Lip" Gallagher, die oudste seun en tweede oudste sibbe van die gesin. Hy is hoogs intelligent, maar sukkel nes sy pa met alkoholisme. Cameron Monaghan as Ian Gallagher, die tweede oudste broer. Hy is gay en in 'n aan-af-verhouding met Mickey. Nes sy ma, Monica, sukkel hy met bipolêre gemoedsteuring. Noel Fisher as Mickey Milkovich, 'n gewelddadige en wisselvallige lid van die Milkovich-gesin, die Gallaghers se bure. Hy is Ian se liefdesbelangstelling en en raak eindelik vervreem van sy homofobiese en witheerssugtige ouers. Joan Cusack as Sheila Jackson, die ma van Karen en liefdesbelangstelling van Frank. Sy is 'n seksverslaafde vrou wat daarvan hou om mans te oorheers. Sy ly aan agorafobie, wat haar aanvanklik verhinder om die huis te verlaat. Laura Slade Wiggins as Karen Jackson, Sheila se opstandige en vernietigende dogter en die vroeë liefdesbelangstelling van Lip. Zach McGowan as Jody Silverman, Karen se man en die aanneempa van haar seun. Hy raak later deurmekaar met Sheila. Emma Greenwell as Mandy Milkovich, die suster van Mickey en liefdesbelangstelling van Lip. Sy is ook bevriend met Ian en gee in die eerste seisoen voor hulle gaan uit om die feit weg te steek dat hy gay is.

Episodes       Seisoen    Episodes   Eerste uitgereik       Laaste uitgereik       1 12  2 12     3 12  4 12  5 12  6 12  7 12  8 12  9 14  10 12  11 12

Shameless Hall of Shame (2020-'21)       Seisoen   Episodes   Eerste uitgereik       Laaste uitgereik       Spesiaal 6

Ontvangs Volgens Tim Goodman van The Hollywood Reporter is Shameless "uitstekenede, fassinerende televisie van die eerste oomblik af". Die eerste seisoen se punt op Metacritic is 66 uit 100, wat dui op 'n "algemeen gunstige" ontvangs. Die punt van die tweede seisoen is 76 uit 100, wat dui op 'n "toenemend gunstige" ontvangs. Tom O'Neill van die Los Angeles Times het geskryf oor die Emmy-gerugte oor Shameless, veral rakende die spel van Emmy Rossum. BuddyTV het Shameless agtste geplaas op sy lys van 2011 se beste nuwe TV-programme.

Rotten Tomatoes het die eerste seisoen 'n punt van 70% gegee, gebaseer op 37 resensies, met die konsensus: "Shameless is 'n donker, stedelike dramedie wat sy spronge in logika te bowe kom danksy 'n fantastiese rolverdeling, treffende ambiance en skokwaarde." Seisoene 2-8 het in 2021 elk 'n punt van bo 90% gehad, buiten seisoen 7, wat 'n punt van 88% gehad het. Seisoene 9, 10 en 11 het teen Februarue 2022 die laagste punte gehad, van onderskeidelik 73%, 20% en 70%.

Die eerste episode van die reeks is deur 982 000 mense gekyk, wat die netwerk se grootste kykertal vir 'n première was sedert Dead Like Me in 2003. Die episode wat op 30 Januarie 2011 gewys is, "Casey Casden", het 1,45 miljoen kykers gehad, wat Shameless die eerstejaardrama met die beste vertoning op Showtime gemaak het.

Pryse Van die meer as 40 rolprentpryse waarvoor Shameless benoem is, het dit 10 gewen: onder meer 'n PRISM-prys vir beste akteur in 'n komediereeks (Macy, 2012), 'n Emmy vir uitmuntende spel deur 'n gasaktrise (Cusack, 2015) en drie Emmys vir uitmuntende waagtoertjiekoördinasie (Eddie Perez; 2016, 2017 en 2020). Macy het ook drie Screen Actors Guild Awards vir beste akteur in 'n komedie gewen (2015, 2017 en 2018).

Verwysings

Skakels

Kategorie:Amerikaanse televisiereekse