Mapoch se grotte by Roossenekal is van groot kultuur-historiese belang vir die Ndebele-mense.
Ligging Die grotte en omliggende terrein is by 25° 11′ 20″ suid, 29° 55′ 11″ oos, 4150 m bo seevlak, op die plaas Mapochsgronde en net noordoos van Roossenekal.
Geskiedenis Die grotte en die terrein daar rondom, saam bekend as Erholweni, is vir die Ndebele en veral die Ndzundza-clan, van belang. In 1882 was hoofman Nyabela en sy volgelinge in ‘n oorlog gewikkel met die ZAR en het Ndebele-impi’s dit as vesting gebruik en daar skuiling gesoek in die tonnels van die grotte. In die grot word nog rotskuns en skerwe van pottebakkerswerk aangetref.
Herdenking Elke jaar sedert 1979 vind hier op 19 Desember die aangrypende kaptein Nyabela-byeenkoms plaas om die Ndebele se geskiedenis en kultuur te vier. In 1968 is die grotte tot kultuur- en natuurmonument verklaar en op 19 Desember 1970 is ‘n standbeeld van die hoofman op die terrein onthul.
Betekenis Die woord erholweni beteken die wegkruipplek of die skuilplek.
Lees ook Mapoch-oorlog
Bibliografie https://sekhukhunetimes.co.za/2024/07/01/erholweni-heritage-site-signifies-a-rich-history-behind-ndebele-nation/
Kategorie:Monumente en gedenkwaardighede in Suid-Afrika Kategorie:Limpopo Kategorie:Grotte van Suid-Afrika