Johannes Hermanus Hugo "Jan Boland" Coetzee (20 Januarie 1945 – 12 September 2025) was 'n Suid-Afrikaanse rugbyspeler en wynmaker. Hy was 'n wynboer en wynmaker op sy plaas Vriesenhof in die Stellenboschstreek.

Rugbyloopbaan Coetzee het in 1963 by die Universiteit Stellenbosch ingeskryf vir 'n graad in Wynkunde en begin rugby speel vir die universiteit se o/18-span, waarvan hy ook die kaptein was. Hy het aangehou om vir die Maties-rugbyklub te speel en was ook gereeld hul kaptein tot in 1979. Coetzee het sy provinsiale debuut vir die Westelike Provinsie in 1967 gemaak en in 127 wedstryde gespeel en 37 drieë vir dié unie gedruk.

Coetzee het sy toetsdebuut vir die Springbokke in die eerste toets teen die Britse en Ierse Leeus op Nuweland in Kaapstad gemaak. Hy is ná die eerste toets uit die span verwyder en sy tweede toets vir die Springbokke was as plaasvervanger vir Moaner van Heerden in die tweede helfte van die tweede toets teen Frankryk in 1975. Coetzee het toe in al vier toetse in die 1976-reeks teen die All Blacks gespeel.

Toetsgeskiedenis No. Opponent Uitslag (RSA 1ste) Posisie Drieë Datum Stadion 1. 3–12 Flank 8 Junie 1974 Nuweland, Kaapstad 2. 33–18 Plaasvervanger 28 Junie 1975 Loftus Versfeld, Pretoria 3. 16–7 Flank 24 Julie 1976 Kings Park, Durban 4. 9–15 Flank 14 Augustus 1976 Vrystaatstadion, Bloemfontein 5. 15–10 Flank 4 September 1976 Nuweland, Kaapstad 6. 15–14 Flank 18 September 1976 Ellispark, Johannesburg

Verwysings

Kategorie:Springbokrugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1945 Kategorie:Sterftes in 2025