TAG Heuer is 'n Switserse maatskappy wat polshorlosies en mode-bykomstighede ontwerp, vervaardig en bemark, sowel as brille en selfone onder die Tag Heuer-handelsmerk wat onder lisensie deur ander maatskappye vervaardig word.
TAG Heuer het begin as Uhrenmanufaktur Heuer AG, gestig in 1860 deur Edouard Heuer in Saint-Imier, Switserland. In 1985 het die TAG Groep 'n meerderheidsbelang in die maatskappy verkry en TAG Heuer gevorm. In 1999 is TAG Heuer verkry deur die Franse luuksegoedere-konglomeraat LVMH.
Die naam TAG Heuer kombineer die voorletters van "Techniques d'Avant Garde" en die stigter se van.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Switserse maatskappye