Die Vrouekrieketwêreldbeker 2009 (Engels: 2009 Women’s Cricket World Cup) is van 7 tot 22 Maart 2009 in Australië beslis. Dit was die negende vrouekrieketwêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse krieketwêreldkampioenskap in internasionale eendagkrieket (EDI) en die eerste wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is; al die vorige toernooie is georganiseer deur die voormalige Internasionale Vrouekrieketraad (IVKR) wat in 2005 met die IKR saamgesmelt het. Daarbenewens was dit ná die 1988-toernooi die tweede in Australië. Saam met die T20I-vrouewêreldbeker 2009 in Junie in Engeland was dit een van twee vername vrouekriekettoernooie in dieselfde jaar.

duimnael|links|upright|Die Vrouekrieketwêreldbekertrofee waarom meegeding is Agt nasionale vrouekrieketspanne het aan die Vrouekrieketwêreldbeker 2009 deelgeneem: Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië. Tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2009 is 25 wedstryde gespeel, waaronder twaalf tydens die groepfase, nege in die Super Ses en vier in die uitspeelwedstryde, insluitende die eindstryd. Die spanne is in twee groepe van vier elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het, dus het elke span drie groepwedstryde gespeel. Die drie beste spanne van elke groep het hierna vir die Super Ses gekwalifiseer, waarvandaan die twee beste spanne mekaar in die eindstryd ontmoet het, terwyl die twee naasbeste spanne mekaar om die derde plek en die twee daaropvolgende spanne om die vyfde plek gespeel het en die twee laaste spanne van elke groep die sewende plek beslis het. Elke wedstryd het uit 50 boulbeurte per span bestaan.

Engeland het Nieu-Seeland in die eindstryd op die Noord-Sydney-ovaal in Sydney met vier paaltjies verslaan en sodoende sy derde vrouekrieketwêreldbekertitel ingepalm. Engeland sou in Junie ook die T20I-vrouewêreldbeker 2009 wen, gelyk aan hul tweede internasionale vrouekriekettitel in dieselfde jaar. Die gasvroue en verdedigende kampioen Australië is deur Indië in die uitspeelwedstryd om die derde plek met drie paaltjies verslaan.

Toewysing Die Internasionale Krieketraad (IKK) het in Julie 2008 saam met Krieket Australië (CA) aangekondig dat die Vrouekrieketwêreldbeker 2009 op ses plekke in Nieu-Suid-Wallis beslis word. Die plekke was Noord-Sydney-ovaal, Bankstown-ovaal en Drummoyne-ovaal (almal in Sydney), Manuka-ovaal in Canberra, No. 1-sportveld in Newcastle en Bradman-ovaal in Bowral.

Deelnemers Agt nasionale vrouekrieketspanne het aan die Vrouekrieketwêreldbeker 2009 deelgeneem. Die ses beste spanne van die Vrouekrieketwêreldbeker 2005 – Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Sri Lanka en Wes-Indië – het almal regstreeks gekwalifiseer. Pakistan en Suid-Afrika het as finaliste van die Vrouekrieketwêreldbekerkwalifisering 2008 gekwalifiseer.

duimnael|400px|Uitslag van die kwalifisering; altesaam 26 spanne het deelgeneem. SpanKwalifiseringmetodeVerskynings by eindstrydeLaaste verskyningVorige beste prestasieGasvroueNegende2005Kampioen (1978, 1982, 1988, 1997, 2005)RegstreeksNegende2005Kampioen (1973, 1993)Sewende2005Naaswenner (2005)Negende2005Kampioen (2000)Vierde2005Kwarteindrondte (1997)Vierde2005Groepfase (1993, 1997, 2005)Vrouekrieketwêreldbekerkwalifisering 2008Tweede1997Groepfase (1997)Vierde2005Halfeindrondte (2000)

Stadions Tydens die toernooi is ses Australiese stadions gebruik. Altesaam 25 wedstryde is tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2009 gespeel, waaronder die eindstryd.

Sydney Noord-Sydney-ovaal Bankstown-ovaal Drummoyne-ovaal Kapasiteit: 10 000 Kapasiteit: 8 000 Kapasiteit: 5 500 200px 200px 200px Bowral Canberra Newcastle Bradman-ovaal Manuka-ovaal No. 1-sportveld Kapasiteit: 5 000 Kapasiteit: 12 000 Kapasiteit: 10 000 200px 200px

Formaat Die Vrouekrieketwêreldbeker 2009 is oor 15 dae tussen agt verskillende spanne oor 25 wedstryde beslis. Dit het op 7 Maart 2009 op die Manuka-ovaal in Canberra met die openingswedstryd tussen Engeland en Sri Lanka begin. Die toernooi het geëindig op 22 Maart op die Noord-Sydney-ovaal in Sydney met die eindstryd tussen Engeland en Nieu-Seeland, waartydens Engeland die Vrouekrieketwêreldbekertrofee gewen het.

Kalender Die volgende tabel dui die Vrouekrieketwêreldbeker 2009 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op groepwedstryde, ’n siaan blokkie op die Super Ses, ’n groen blokkie op uitspeelwedstryde en ’n geel blokkie op die eindstryd.

+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiGroepfaseMaartSa7So8Ma9Di10Wo11Do12Vr13Groep A | | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2 |Groep B | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 2 |Super SesMaartSa14So15Ma16Di17Wo18Do19Super Ses | bgcolor=#7DF9FF| 3 | | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 2 | | bgcolor=#7DF9FF| 3UitspeelwedstrydeMaartSa14So15Ma16Di17Wo18Do19Vr20Sa21So22Uitklopfase | bgcolor=#00cc33| 1

| bgcolor=#00cc33| 2 | bgcolor=#ffcc00| 1Verklaring

Groepe Groep AGroep B

Groepfase en Super Ses Die Vrouekrieketwêreldbeker 2009 is deur agt nasionale vrouekrieketspanne beslis. Vir die groepfase is die agt deelnemende spanne in twee groepe van vier elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo gerangskik. Die drie beste spanne van albei groepe het na die Super Ses deurgedring.

In die Super Ses-rondte het elke span teen die spanne gespeel, waarteen in die groepfase geen wedstryde gespeel is nie. Spanne wat alreeds in die groepfase ontmoet het, het nie teen mekaar gespeel nie en die punte van dié wedstryde is na die Super Ses-rondte se tabel oorgedra. Die kwalifisering was gegrond op dieselfde kriterias as in die groepfase.

Uitspeelwedstryde In die uitspeelwedstryde het die twee beste spanne van die Super Ses mekaar in die eindstryd ontmoet, terwyl die twee naasbeste spanne mekaar om die derde plek en die twee daaropvolgende spanne om die vyfde plek gespeel het en die twee laaste spanne van elke groep die sewende plek beslis het.

2009-effek op 2013-kwalifisering Die vier beste spanne van die 2009-toernooi het regstreeks vir die volgende Vrouekrieketwêreldbeker 2013 gekwalifiseer. Hulle was Australië, Engeland, Indië en Nieu-Seeland.

Wedstryde Die wedstryde is in drie fases opgedeel, naamlik die groepfase, die Super Ses en die uitspeelwedstryde.

Groepfase Kwalifiseer vir die Super Ses.Kwalifiseer vir die uitspeelwedstryd om die sewende plek. Agt spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die drie beste spanne in elke groep het na die Super Ses deurgedring, terwyl die twee laaste spanne van elke groep die sewende plek beslis het.

Groep A Span3300+2.01563210+0.71443120–0.65523030–1.7770

Groep B duimnael|Wedstryd tussen Engeland en Pakistan Span3300+1.92163210+0.92243120–0.96123030–1.2800

Super Ses Kwalifiseer vir die eindstryd.Kwalifiseer vir die uitspeelwedstryd om die derde plek.Kwalifiseer vir die uitspeelwedstryd om die vyfde plek. Die drie beste spanne in elke groep het die Super Agt gehaal wat as ’n volledige rondte met wedstryde almal teen almal beslis is. Al die ses spanne het egter slegs drie nuwe wedstryde gespeel, pleks van vyf. Elke groep se drie verteenwoordigers het hul uitslag teen mekaar oorgedra, eerder as om weer te speel. Die onderstaande tabel, wat vyf wedstryde vir elke span bevat, dek al die wedstryde tussen die Super Ses-kwalifiseerders, insluitende dié van die groepfase.

Span54100+1.180854100+1.157853200+1.099653200+0.850651400−2.589250500−1.5540

Uitspeelwedstryde Sewende plek

Vyfde plek

Derde plek

Eindstryd

Vrouekrieketwêreldkampioen 2009

Statistiek Finale puntestand Hierdie tabel toon die finale puntestand van al agt deelnemende nasionale vrouekrieketspanne in die Vrouekrieketwêreldbeker 2009.

duimnael|400px|Uitslag van die Vrouekrieketwêreldbeker 2009: RangSpanGroep Finaliste 1 B 7 6 0 1 1296 1013 +283 — 12 2 A 7 5 0 2 1566 1044 +522 — 10 In die Super Ses uitgeskakel 3 B 7 4 0 3 1035 985 +50 — 8 4 A 7 3 0 4 1353 1228 +125 — 6 5 A 7 2 0 5 858 1106 –248 — 4 6 B 7 2 0 5 833 1113 –280 — 4 In die groepfase uitgeskakel 7 A 4 1 0 3 440 700 –260 – 2 8 B 4 0 0 4 458 651 –193 – 0

Meeste lopies en paaltjies Meeste lopies aangeteken: Naam Lopies 1 Claire Taylor 324 2 Haidee Tiffen 279 3 Shelley Nitschke 275 Suzie Bates 5 Caroline Atkins 251 Meeste paaltjies geneem: Naam Paaltjies 1 Laura Marsh 16 2 Lisa Sthalekar 13 3 Priyanka Roy 12 4 Aimee Watkins 11 5 Stafanie Taylor 10 Rumeli Dhar

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

2009 Women’s Cricket World Cup Amptelike webtuiste van die Internasionale Krieketraad

Kategorie:Geskiedenis van Australië Kategorie:Krieketkompetisies in Australië 2009 Kategorie:Sport in 2009