WISE 1828+2650 (volle naam WISEPA J182831.08+265037.8) is 'n moontlike bruindwerg of weesplaneet van spektraalklas >Y2 in die sterrebeeld Lier. Dit is sowat 32,5 ligjare van die Aarde af en is die argetipe van die Y-spektraalklas.

Ontdekking WISE 1828+2650 is in 2011 ontdek van data wat deur Nasa se Wide-field Infrared Survey Explorer (WISE) by infrarooi golflengtes ingesamel is. Dit het twee ontdekkingsartikels: deur Kirkpatrick et al. (2011) en Cushing et al. (2011). Dit was basies deur dieselfde skrywers en is byna gelyktydig gepubliseer.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Bruindwerge Kategorie:Lier (sterrebeeld) Kategorie:Weesplanete