Soematra (Indonesies: Sumatera; Atjehs: Ruja), die wêreld se sesde grootste eiland, na Groenland, Nieu-Guinee, Borneo, Madagaskar en Baffin-eiland, beslaan 'n oppervlakte van 473 481 km² en word begrens deur die oop Indiese Oseaan in die suidweste, die Andamanse See in die noordweste, die Suid-Chinese See in die noordooste en die Javasee in die suidooste. Soematra is die tweede grootste en mees westelike van die vier Groot-Soenda-eilande asook die derde grootste eiland van die eilandnasie Indonesië. Dit is in die suidooste van die Andaman- en Nicobar-eilande, in die suidweste van die Maleise Skiereiland, in die weste van Borneo en in die noordweste van Java langs die ewenaar geleë. Die Indiese Oseaan word in die noorde deur die Straat van Malakka met die Suid-Chinese See en in die suide deur die Javastraat met die Javasee verbind. Langs Soematra se ooskus lê die eiland Bangka.

duimnael|links|Nasa-satellietbeeld van Soematra duimnael|links|Kaart van Soematra Soematra se naam is afgelei van die Sanskrit-woord Samudra (समुद्र) wat "versameling van waters, see of oseaan" beteken. 'n Ou naam vir Soematra is "Swarna Dwipa" (Sanskrit vir: "eiland van goud"), waarskynlik deur die baie vroeë uitvoer van goud uit die myne in die Soematraanse hoogland.

Soematra het 'n bevolking van sowat 50 miljoen, waarvan die meeste Maleiers is, in die noordweste bly veral Acehnese of Atjehs. Hulle besig hul eie moedertale, onderskeidelik Maleis en Atjehs, maar ook die ampstaal van Indonesië, Indonesies. Al dié tale behoort tot die Maleis-Polinesiese tale. Chinees is die moedertaal van die Han-Chinese wat hulle veral in onlangse dekades op Soematra kom vestig het. Die geloofsmeerderheid in Soematra is Moslems (87,1%), gevolg deur 10,7% Christene, en minder as 2% is Boeddhiste en Hindoes.

Borneo en Soematra is veral bekend vir hul reënwoude wat die enigste habitat van die orangoetang vorm. As gevolg van sterk ontbossing word hierdie groot ape ernstig bedreig.

Soematra se geologie word gekenmerk deur baie aktiewe vulkane wat dié eiland van noordwes na suidoos gevorm het. Net suidoos van Soematra is Krakatoa geleë, veral bekend vir die enorme uitbarsting in 1883. Soematra se vulkane behoort tot die Ring van Vuur wat die Stille Oseaan van Nieu-Seeland tot Chili omsirkel.

Geografie Provinsies Naam Oppervlakte(km²) Bevolking(2000-sensus) Bevolking(2010-sensus) Bevolking(2014-skatting) Hoofstad Aceh 57 956,004 073 0064 486 5704 731 705 Banda Atjeh Noord-Soematra(Sumatera Utara) 72 981,2311 642 48812 326 67813 527 937 Medan Wes-Soematra(Sumatera Barat) 42 012,894 248 5154 845 9985 098 790 Padang Riau87 023,663 907 7635 543 0316 359 790 Pekanbaru Jambi50 058,162 407 1663 088 6183 412 459 Jambi Suid-Soematra(Sumatera Selatan) 91 592,436 210 8007 446 4017 996 535 Palembang Bengkulu19 919,331 455 5001 713 3931 828 291 Bengkoeloe Lampung34 623,806 730 7517 596 1157 972 246 Bandar Lampung Bangka-Belitung(Kepulauan Bangka Belitung) 16 424,14899 9681 223 0481 380 762 Pangkal Pinang Riau-eilande(Kepulauan Riau) 8 256,101 040 2071 685 6982 031 895 Tanjung Pinang Totaal 480 847,7442 616 16450 613 94754 339 256

Stede Rang Stad Provinsie Bevolking(2010-sensus) Oppervlakte(km²) 1 Medan Noord-Soematra2 109 339265,10 2 Palembang Suid-Soematra1 452 840374,033 Batam Riau-eilande1 153 860715,0 4 Pekanbaroe Riau903 902633,01 5 Bandar Lampung Lampung879 851169,21 6 Padang Wes-Soematra833 584694,96 7 Jambi Jambi529 118205,00 8 Bengkoeloe Bengkoeloe300 359144,52 9 Dumai Riau254 3322 039,35 10 Binjai Noord-Soematra246 01090,24 11 Pematang Siantar Noord-Soematra234 88560,52 12 Banda Atjeh Aceh224 20961,36 13 Lubuklinggau Suid-Soematra201 217419,80

Berge Dempo (3 159 m) Kerinci (3 805 m) Sibayak (2 212 m) Pesagi (2 262 m) Singgalang (2 877 m) Marapi (2 891,3 m) Talamau (2 912 m) Tandikat (2 438 m) Leuser (3 172 m) Perkison (2 300 m)

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Groot-Soenda-eilande