Dallas 280px|senter Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag van Dallas 90px|senter Land Deelstaat 20px Texas Koördinate Geïnkorporeer op 2 Februarie 1856 Oppervlakte: - Totaal 999,2 vk km Hoogte bo seevlak 131 m Bevolking: - Totaal (2020-skatting) 1 304 379 - Bevolkingsdigtheid 1 482,99/vk km Tydsone UTC -6 (CST) - Somertyd UTC -5 (CDT) Burgemeester Eric Johnson (D) Amptelike webwerf dallascityhall.com
Dallas is die derde grootste stad in die Amerikaanse deelstaat Texas. Dit is ook die negende grootste stad van die Verenigde State met 1,3 miljoen inwoners. Die metropolitaanse gebied van Houston het 'n bevolking van 6,3 miljoen. Die stad is bekend vir sy ryk oliemaatskappye.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,
Dallas ontstaan in 1841 en is na adjunkpresident George M. Dallas genoem. John Neely Bryan bou in dieselfde jaar 'n huisie naby die Trinityrivier en begin 'n veerdiens. Die huisie is steeds in die middel van Dallas te sien.
Op 22 November 1963 is president John F. Kennedy tydens 'n rytoer in Dallas vermoor, vermoedelik deur Lee Harvey Oswald.
Sport Dallas was een van die gasheerstede tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1994, die T20I-wêreldbeker 2024 en die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2026.
Besienswaardighede Sixth Floor Museum in die Dallas County Administrasiegebou, Lee Harvey Oswald het na bewering vanuit die gebou op John F. Kennedy geskiet. Southfork Ranch, woonhuis van die Ewing-familie in die gewilde Dallas-televisiereeks. Nieman-Marcus, winkelgroep wat sy oorsprong hier het.
Sien ook Dallas/Fort Worth Internasionale Lughawe John F. Kennedy-sluipmoordsamesweringsteorieë Dallas (TV-reeks)
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf