I Don't Feel at Home in This World Anymore is 'n Amerikaanse neo-noir-komedierillerprent van 2017 wat deur Macon Blair geskryf en geregisseer is. Die hoofakteurs is Melanie Lynskey, Elijah Wood, David Yow, Jane Levy en Devon Graye. Die prent se titel kom van 'n ou gospellied, "Ain't Got No Home", wat deur die countrysangers The Carter Family en Woody Guthrie gewild gemaak is. Dit was Blair se debuut as regisseur.
Die fliek gaan oor 'n meisie by wie se huis ingebreek word. Sy gaan op 'n sending saam met 'n man in die buurt om haar eiendom terug te kry.
Die première was op 19 Januarie 2017 op die Sundance-rolprentfees, waar dit die Grootjurieprys in die Amerikaanse Dramakompetisie gewen het. Dit is op 24 Februarie deur Netflix uitgereik en is algemeen geprys.
Rolverdeling thumb|links|170px|Macon Blair
Melanie Lynskey as Ruth Kimke Elijah Wood as Tony David Yow as Marshall Jane Levy as Dez Devon Graye as Christian Rumack jr. Christine Woods as Meredith Robert Longstreet as Christian Rumack Gary Anthony Williams as William Bendix Lee Eddy as Angie Derek Mears as Donkey Jason Manuel Olazabal as Cesar Maxwell Hamilton as Smoker Matt Orduna as Dan Michelle Moreno as Jana Huff Jeb Berrier as Gearhead
Die skrywer en regisseur, Macon Blair, is te sien in 'n kameerol as 'n man wat Ruth in 'n kroeg ontmoet. Sy ma, Robin Blair, vertolk die rol van ouma Sally.
Uitreiking en ontvangs Die prent se wêreldpremière was op 19 Januarie 2017 op die Sundance-rolprentfees. Dit is op 24 Februarie wêreldwyd deur die stromingsdiens Netflix uitgereik.
Op Rotten Tomatoes het dit 'n goedkeuringsyfer van 89%, gebaseer op 62 resensies, met 'n gemiddelde punt van 7,4/10. Volgens die webtuiste se konsensus "kom I Don't Feel At Home In This World Anymore sy lomp titel te bowe en bied tydige, bedwelmend donker waarnemings oor genderdinamika en sosiale norme in die moderne Amerika." Op Metacritic het die prent 'n punt van 75 uit 100, gebaseer op 15 resensies, wat dui op 'n "algemeen gunstige" ontvangs.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Amerikaanse rolprente