Blue Jay is 'n Amerikaanse swart-wit romantiese drama van 2016 wat deur Alex Lehmann geregisseer is as sy fiktiewe-rolprent-debuut. Dit is geskoei op 'n roman deur Mark Duplass, wat saam met Sarah Paulson die hoofrolle vertolk.
Die prent het op 12 September 2016 sy wêreldpremière op die Internasionale Toronto-rolprentfees gehad.
Dit gaan oor Jim Herderson, wat na sy tuisdorp in Kalifornië terugkeer om sy oorlede ma se huis te restoureer en verkoop.
Hy loop sy skoolmeisie, Amanda, raak en hulle gaan op 'n reis van ou herinnerings en nuwe ontdekkings.
Rolverdeling Mark Duplass as Jim Henderson Sarah Paulson as Amanda Clu Gulager as Waynie
Uitreiking en ontvangs Die rolprent is die Duplass-broers se eerste een volgens 'n ooreenkoms met Netflix. Die première was op 12 Septemer 2016 op die Internasionale Toronto-rolprentfees. Dit is op 6 Desember 2016 op Netflix uitgereik.
Blue Jay het positiewe resensies gekry. Op Rotten Tomatoes het dit 'n goedkeuringsyfer van 91%, gebaseer op 34 resensies, met 'n gemiddelde punt van 7,5/10. Die webtuiste se konsensus lui: "Blue Jay se lied sal die hart van enige groot romantikus warm maak." Op Metacritic het die prent 'n punt van 69 uit 100, gebaseer op 16 resensies, wat dui op 'n "algemeen gunstige" ontvangs.
In The Canadian Press het David Friend gesê die fliek slaag daarin om die gees van die 1990's vas te vang, en bied hartverskeurende verrassings." Brian Tallerico van RogerEbert.com het Paulson se toneelspel geloof en gesê die fliek "het een van ons beste aktrises in die soort rol wat sy nie dikwels vertolk nie".
Verwysings
Skakels
Kategorie:Amerikaanse rolprente