Night Always Comes is 'n Amerikaanse misdaaddrama van 2025 wat deur Benjamin Caron geregisseer is. Die draaiboek is deur Sarah Conradt geskryf en is 'n verwerking van The Night Always Comes, 'n roman van 2021 deur Willy Vlautin. Die akteurs sluit in Vanessa Kirby (wat ook 'n vervaardiger is), Jennifer Jason Leigh, Zack Gottsagen, Stephan James, Randall Park, Julia Fox, Michael Kelly en Eli Roth.

Die prent is op 15 Augustus 2025 deur Netflix uitgereik.

Opsomming 'n Vrou probeer desperaat om geld bymekaar te maak vir die huis waarin sy, haar ma en haar broer woon sodat dit nie onder hulle uitverkoop word nie.

Akteurs Vanessa Kirby as Lynette Jennifer Jason Leigh as Doreen, Lynette se ma Zack Gottsagen as Kenny, Lynette se ouer broer Stephan James as Cody Randall Park as Scott Julia Fox as Gloria Michael Kelly as Tommy Eli Roth as Blake

Ontvangs On Rotten Tomatoes het die prent 'n goedkeuringsyfer van 55% gehad, gebaseer op 33 resensies. Op Metacritic het dit 'n telling van 62 uit 100 gekry, gebaseer op 12 resensies, wat dui op 'n "algemeen gunstige" ontvangs.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Amerikaanse rolprente