Calobota elongata is 'n struik wat deel van die Fabaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap voor; in die suidelike Tankwa Karoo tussen Ceres en Touwsrivier en ook vanaf die Klein-Karoo tot by Ladismith. Die totale bevolking (by drie plekke) bestaan uit minder as 1000 plante en word bedreig deur oorbeweiding en die moontlike uitbreiding van die militêre geriewe by Touwsrivier.

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World

elongata Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika