Rafnia crispa is 'n klein struik wat deel van die Fabaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap in die Elandskloofberg voor. Daar het die plant 'n voorkomsgebied van 10 km² en daar is net een bevolking. Die spesie het baie van sy habitat afgestaan aan die aanplant van plantasies en word tans bedreig deur te min veldbrande; dit benodig vuur om uit te spruit.

Die spesie is deel van die fynbos.

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World

crispa Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika