Rafnia lancea is 'n klein struik wat deel van die Fabaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap van Clanwilliam tot by Worcester en Faure voor. Die spesie se getalle het reeds met 70-80% gedaal omrede dit ongeveer 80% van sy habitat afgestaan het aan gewasverbouing en daar is tans slegs een bevolking bekend. Die spesie is deel van die fynbos.

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World

lancea Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika