Rafnia inaequalis is 'n klein struik wat deel van die Fabaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap op die Piketberg voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van kleiner as 100 km² en daar is minder as 250 plante oor nadat die grootste gedeelte van die spesie se habitat verander is na vrugteboorde. Die oorblywende gefragmenteerde bevolkings word bedreig weens 'n gebrek aan veldbrande.
Die spesie is deel van die fynbos.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World
inaequalis Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika