Die 2020–21 Curriebeker Premierafdeling was ’n top rugbykompetisie wat van 27 November – 30 Januarie 2021 tussen die provinsiale spanne van Suid-Afrika beslis is. Dit was die 82ste seisoen van die kompetisie sedert dit vir die eerste keer in 1889 gespeel is.
Die Vrystaat Cheetahs was die verdedigende kampioen. Hulle het die Goue Leeus met 31–28 in die 2019 eindstryd in Bloemfontein verslaan.
Die eindstryd is op 30 Januarie 2021 beslis met die Blou Bulle wat teen die Natalse Haaie in Pretoria gespeel het. Die Bulle het met 26–19 gewen en sodoende hulle 24ste titel ingepalm.
Spanne 2020–21 Curriebeker Premierafdelingspanne Span Borgskapnaam Tuisstadion Blou Bulle Vodacom Blou Bulle Loftus Versfeld Goue Leeus Xerox Goue Leeus Ellispark Westelike Provinsie DHL Westelike Provinsie Nuweland Vrystaat Cheetahs Toyota Vrystaat Cheetahs Vrystaatstadion Natalse Haaie Cell C Sharks Kings Park Pumas Pumas Mbombela-stadion Griekwas Tafel Lager Griekwas Griekwapark, Kimberley
Tabel
2020–21 Curriebekertabel[ bekyk] · [ wysig] · bespreekPosNaamSWGVPVPT+/−DVDTDBPVBPTabelpunte1Blou Bulle 12 8 1 3 305 216 +89 32 22 3 2 392Westelike Provinsie 12 7 2 3 272 216 56 32 21 3 2 373Natalse Haaie 12 7 2 3 274 244 +30 31 26 3 0 354Leeus 12 6 2 4 275 221 +54 29 20 2 4 345Cheetahs 12 6 1 5 285 275 +10 30 28 3 2 316Pumas 12 3 1 8 265 351 −86 34 48 1 2 177Griekwas 12 0 1 11 211 364 −153 24 47 0 6 8
Tabelnotas Pos = Tabelposisie S = Speel W = Wen (4 punte) G = Gelykop (2 punte) V = Verloor (0 punte) PV = Punte vir (Totale punte aangeteken) PT = Punte teen (Totale punte afgestaan) +/- = Punteverskil (Die totaal van PV minus PT) DV = Drieë vir DT = Drieë teen DBP = Driebonuspunt: toegeken aan 'n span wat vier of meer drieë gedruk het in een wedstryd, ongeag die uitslag van die wedstryd. VBP = Verloorbonuspunt: toegeken aan die verloorspan indien hulle met 7 of minder punte verloor het. Pte = Alle tabelpunte versamel.
Wedstryde
Eindstryd
Verwysings
Kategorie:Sport in 2020 Kategorie:Curriebeker