Claudio Paul Caniggia (gebore 9 Januarie 1967) is ’n Argentynse voormalige sokkerspeler wat as aanvaller of vleuel gespeel het. Caniggia het 50 keer vir die Argentynse nasionale span gespeel. Hy het aan drie Wêreldbekers deelgeneem en was ’n lid van beide mededingende klubs River Plate en Boca Juniors.

By die Wêreldbekertoernooi in 1990 het Caniggia twee doele aangeteken om Argentinië te help om die einstryd te bereik, maar hy is geskors vir die eindstryd teen Wes-Duitsland.

Caniggia het ook twee doele aangeteken tydens die Wêreldbekertoernooi in 1994 in ’n wedstryd in die eerste rondte teen Nigerië.

Behalwe dat hy vir River Plate en Boca Juniors gespeel het, sluit sy ander klubs Atalanta, Benfica, Dundee en Rangers. Gedurende sy loopbaan het hy vir klubs in Argentinië, Italië, Portugal, Skotland en Katar gespeel.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Argentynse sokkerspelers Kategorie:Geboortes in 1967 Kategorie:Lewende mense