Orkney Snork nie! (Die Mowie) is 'n 102 minuut lange Afrikaanse komedie wat in 1992 vrygestel is. Die film is deur Willie Esterhuizen geregisseer met 'n draaiboek ook deur Willie Esterhuizen, vervaardig deur Westel & Philo Pieterse Produksies en versprei deur Ster-Kinekor.
Sinopsis
In hierdie rolprent gaan die Van Tonders op vakansie Margate toe. Hendrik wil visvang, die kinders wil speel en swem, Yollie en Maggie wil bruinbrand, en Ouboet het sy selfgeboude, opgedoende snelboot wat hy in die see wil uittoets. Hul droomvakansie word egter gesaboteer deur 'n Johannesburgse sakeparadys wat die karavaanpark waar hulle vakansie hou, wil koop, afbreek en in 'n winkelsentrum omskep. Maar dan kry hulle met die Van Tonders te doen, wat hulle nie sommer laat rondstoot nie.
Rolverdeling
Die rolverdeling is: Zack du Plessis (as Hendrik), Annette Engelbrecht (as Maggie), Dulsie van den Bergh (as Ouma), Pierre van Pletzen (as Spike), Danie Smuts (as Oom Hans), Marcel van Heerden (as Ouboet), Sally Campher (as Yolanda), Anrich Herbst (as Wimpie), Carien Wandrag (as Sonja), Karleine Herbst (as Liz), Bernice du Plessis (as Riekie), Eugene Martin (as Neelsie), Jano Esterhuizen (as Hendrikkie), Willie Esterhuizen (as Giel), Gigi Strydom (as Poppie), Joan Niemandt, Samson Khumalo, en Lance Epstein.
Verwysings