Die Nederlandse nasionale vrouekrieketspan (Nederlands: Nederlands cricketelftal vrouwen, afgekort Netherlands Women of Netherlands W), met die bynaam Lionesses, is die nasionale vrouekrieketspan wat Nederland in internasionale krieket verteenwoordig. Krieket word in Nederland deur die Koninklike Nederlandse Krieketbond (KNCB, van Nederlands: Koninklijke Nederlandse Cricket Bond) beheer. Saam met Skotland is Nederland tradisioneel een van die sterker Europese nasionale vrouekrieketspanne ná die volle lede Engeland en Ierland. In 2007 het Nederland teen Suid-Afrika in sy enigste toetswedstryd gespeel en daarmee ná Ierland die tweede assosiaatlid geword wat op dié vlak gespeel het.
In April 2018 het die IKR besluit om aan al sy lede volle T20I-status toe te ken. Vervolgens word al die T20I-wedstryde wat Nederland ná 1 Januarie 2019 teen ander IKR-lede speel as ’n volle T20I erken. In Mei 2022 het die IKR aangekondig om aan Nederland en vier ander vrouespanne EDI-status te verleen. Papoea-Nieu-Guinee, Skotland, Thailand en die Verenigde State is die ander vier spanne. Nederland is tans (Junie 2026) 14de op die Twintig20-vrouewêreldranglys.
Beheerliggaam
Die Koninklike Nederlandse Krieketbond (Nederland: Koninklijke Nederlandse Cricket Bond, KNCB) is in 1883 as Nederlandse Krieketbond gestig en het in 1958 ’n Koninklike Handves ontvang. Dit is verantwoordelik vir die reël van krieket in Nederland en verteenwoordig sedert 1966 Nederland as ’n assosiaatlid by die Internasionale Krieketraad (IKR). Spelers van Sint Maarten, ’n outonome land binne die Koninkryk van die Nederlande, mag vir die Wes-Indiese nasionale vrouekrieketspan gekeur word.
Die Koninklike Nederlandse Krieketbond bestuur al die Nederland-verteenwoordigende nasionale spanne, insluitende die mans, vroue en jeug. Hulle is ook verantwoordelik vir die bestuur en organisasie van EDI- en T20I-reekse teen ander spanne, en die reël van internasionale wedstryde tuis. Daarbenewens is die KNCB verantwoordelik vir inkomsteverkryging deur die verkoop van kaartjies, borgskappe en uitsaairegte, veral in verband met die Nederlandse span.
Kinders en jongmense word reeds op skool aan krieket bekend gestel en na gelang van hul belangstelling en talent begin hulle met hul afrigting. Net soos ander krieketlande beskik Nederland oor ’n o. 19-nasionale span wat aan die o. 19-vrouekrieketwêreldbeker deelneem.
Geskiedenis Krieket is in die 1780’s deur Engelse reisigers na Nederland saamgebring. Die Nederlandse nasionale vrouekrieketspan het in 1937 in sy eerste internasionale wedstryd teen die besoekende Australiërs tydens hul Engelse toer gespeel. In 1958 was Nederland een van die stigtingslede van die Internasionale Vrouekrieketraad (International Women’s Cricket Council) en gevolglik een van sy volle lede. Die Nederlanders het in 1984 in hul eerste EDI teen Nieu-Seeland tydens dié span se Engelse toer gespeel. Daarna is hulle vir die Vrouekrieketwêreldbeker 1988 genooi, waar die Nederlanders egter sonder ’n oorwinning in die laaste plek geëindig het. Tydens die daaropvolgende Vrouekrieketwêreldbeker 1993 het die span ’n oorwinning oor Wes-Indië aangeteken, maar nogtans die laaste plek beklee. In voorbereiding op hul derde vrouekrieketwêreldbekerdeelname het Nederland vir ’n EDI-reeks Sri Lanka besoek, waar hulle met 2–1 geseëvier het. Tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 1997 het die span ná ’n oorwinning oor Sri Lanka die kwarteindrondte gehaal. Die Nederlanders het egter ’n swak nederlaag teen die Australiërs gely. Gedurende die 1998/99-seisoen het die span nog ’n toer na Sri Lanka aangepak, maar dié keer is hulle met 5–0 platgeloop. Hul tot dusver laaste vrouekrieketwêreldbekerdeelname was tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2000, waar die Nederlands weereens geen oorwinning aangeteken het nie. Daarna is vrouekrieketwêreldbekerkwalifiserings ingestel en Nederland het sedertdien nie meer vir dié toernooi gekwalifiseer nie.
In die daaropvolgende jaar het die Nederlanders Pakistan besoek, waar hulle die EDI-reeks naelskraap met 3–4 verloor het. Gedurende somer 2002 het hulle Nieu-Seeland gehuisves, maar swak met 0–3 verloor. Die Internasionale Vrouekrieketraad-trofee 2003, ’n toernooi wat as vrouekrieketwêreldbekerkwalifisering vir spanne van die tweede vlak gedien het, het die Nederlanders ná Ierland en Wes-Indië in die derde plek afgesluit en sodoende die Vrouekrieketwêreldbeker 2005 misgeloop. Gedurende somer 2007 het Suid-Afrika Nederland besoek en die span het tydens dié reeks in sy enigste toetswedstryd gespeel. Die Nederlandse span is egter in al die wedstryde verslaan. Tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2009-kwalifisering het die span in die halfeindrondte teen Pakistan vasgeval. Gedurende somer 2008 het die Nederlanders teen Wes-Indië in hul eerste T20I-wedstryd gespeel. Die vrouespan het aan die einde van die dekade aan die Engelse County-kampioenskap deelgeneem en hulle was suksesvol in die laer afdelings. Hul deelname aan die Vrouekrieketwêreldbeker 2013-kwalifisering, waar die Nederlanders in die kwarteindrondte teen Pakistan verloor het, was vir ’n dekade hul laaste EDI-verskyning.
Die T20I-vrouewêreldbeker 2018-kwalifisering is in Nederland beslis, maar die gasvroue is vroeg uitgeskakel. Dieselfde het gebeur tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2020-kwalifisering, terwyl hulle tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2023-kwalifisering reeds in die plaaslike kwalifisering uitgeskakel is. Tydens die T20I-vrouewêreldbekerkwalifisering 2026 het Nederland vir die eerste keer vir die T20I-vrouewêreldbeker 2026 gekwalifiseer. Tydens die hooftoernooi in Engeland is die Nederlanders egter ná vyf nederlae in die eerste rondte uit die toernooi geskakel.
Kenteken en bynaam Die Koninklike Nederlandse Krieketbond se kenteken toon ’n gekroonde leeu wat trap, voor hom ’n paaltjie wat lê. Die leeu op die kenteken is die nasionale en koningsdier van Nederland. Die Nederlandse nasionale vrouekrieketspan se bynaam is derhalwe Lionesses (“die leeuinne”).
Spelers Spelerstatistieke Daar het altesaam elf spelers toets-, 101 spelers EDI- en 56 spelers T20I-wedstryde vir Nederland gespeel. Vervolgens die spelers wat vir die Nederlandse span die meeste lopies aangeteken en die meeste paaltjies geneem het.
Lopies ToetsEDIT20I Speler Tydperk Toetse Lopies Speler Tydperk EDIs Lopies Speler Tydperk T20Is Lopies Violet Wattenberg 2007 1 52 Pauline te Beest 1990–2008 64 1 361 Sterre Kalis 2018–hede 69 2 053 Maartje Köster 2007 1 38 Caroline Salomons 1995–2011 51 894 Babette de Leede 2018–hede 102 1 800 Helmien Rambaldo 2007 1 18 Helmien Rambaldo 1998–2011 46 723 Robine Rijke 2018–hede 102 1 497 Mandy Kornet 2007 1 11 Nicola Payne 1988–1998 37 631 Heather Siegers 2018–hede 76 1 339 Marloes Braat 2007 1 6 Maartje Köster 1995–2007 46 539 Iris Zwilling 2019–hede 98 895 Korrek teen: 30 Junie 2026 Korrek teen: 30 Junie 2026 Korrek teen: 30 Junie 2026
Paaltjies ToetsEDIT20I Speler Tydperk Toetse Paaltjies Speler Tydperk EDIs Paaltjies Speler Tydperk T20Is Paaltjies Jolet Hartenhof 2007 1 4 Caroline Salomons 1995–2011 51 37 Iris Zwilling 2019–hede 98 107 Caroline de Fouw 2007 1 3 Sandra Kottman 1991–2003 32 31 Caroline de Lange 2019–hede 92 89 Marloes Braat 2007 1 2 Iris Zwilling 2022–hede 13 27 Silver Siegers 2018–hede 82 61 Lotte Egging 2007 1 1 Caroline de Fouw 1991–2008 35 26 Eva Lynch 2019–hede 50 45 Annemarie Tanke 2007 1 1 Cheraldine Oudolf 1995–2009 36 25 Hannah Landheer 2019–hede 61 44 Korrek teen: 30 Junie 2026 Korrek teen: 30 Junie 2026 Korrek teen: 30 Junie 2026
Spankapteins Tot op hede was een speler reeds die kaptein vir Nederland tydens ’n toetswedstryd, elf tydens ’n EDI en vyf tydens ’n T20I.Die tydperk verwys na die ooreenstemmende krieketseisoen waarin die eerste of laaste wedstryd van die tyd as kaptein gespeel is.
Toets EDI T20I No. Naam Tydperk Naam Tydperk Naam Tydperk 1 Helmien Rambaldo 2007 Anita van Lier 1984–1993 Helmien Rambaldo 2008–2011 2 Ingrid Keyzer 1989–1990 Mandy Kornet 2009 3 Irene Schoof 1991 Heather Siegers 2018–2024 4 Nicola Payne 1993–1997 Juliët Post 2019 5 Edmee Janss 1995 Babette de Leede 2022–hede 6 Pauline te Beest 1997–2001 7 Caroline Salomons 2001–2006 8 Helmien Rambaldo 2007–2011 9 Mandy Kornet 2009 10 Babette de Leede 2022–hede 11 Heather Siegers 2022–2023
Rekords Toetsrekord teen ander lande Teenstander Gespeel Gewen Verloor Gelykop Onbeslis % Gewen Eerste oorwinning 1 0 1 0 0 0,00 – Algeheel 1 0 1 0 0 0,00 – Rekords volledig tot en met toets #152 op 6–8 Maart 2026. Laaste keer hersien op 30 Junie 2026.
EDI-rekord teen ander lande Teenstander Wedstryde Gewen Verloor Gelykop Onbeslis % Gewen Eerste oorwinning t. Volle lede 5 0 5 0 0 0,00 – 10 0 10 0 0 0,00 – 25 2 23 0 0 8,00 20 Julie 1989 3 0 3 0 0 0,00 – 9 0 9 0 0 0,00 – 12 4 7 0 1 33,33 16 April 2001 13 3 10 0 0 23,07 25 November 1997 7 0 7 0 0 0,00 – 7 1 6 0 0 14,28 21 Julie 1993 t. Assosiaatlede 10 6 4 0 0 60,00 20 Julie 1990 1 1 0 0 0 100,00 23 Julie 2003 2 2 0 0 0 100,00 5 Augustus 2024 4 3 1 0 0 75,00 21 Julie 2003 6 1 5 0 0 16,67 3 Julie 2023 Algeheel 114 23 90 0 1 20,18 20 Julie 1989 Rekords volledig tot en met EDI #1550 op 16 Mei 2026. Laaste keer hersien op 30 Junie 2026. Wenpersentasies sluit onbesliste wedstryde uit en tel gelykop as ’n halwe oorwinning.
Vrouekrieketwêreldbekerrekord JaarUitslag1973 Nie deelgeneem nie1978 Nie deelgeneem nie1982 Nie deelgeneem nie1988 Groepfase1993 Groepfase1997 Kwarteindrondte2000 Groepfase2005 Nie gekwalifiseer nie2009 Nie gekwalifiseer nie2013 Nie gekwalifiseer nie2017 Nie gekwalifiseer nie2022 Nie gekwalifiseer nie2025 Nie gekwalifiseer nie2029
T20I-rekord teen ander lande Teenstander Wedstryde Gewen Verloor Gelykop Onbeslis % Gewen Eerste oorwinning t. Volle lede 1 0 1 0 0 0,00 – 6 1 5 0 0 16,67 31 Mei 2026 19 1 17 0 1 5,26 30 Julie 2021 2 0 2 0 0 0,00 – 1 0 0 0 1 0,00 – 2 0 2 0 0 0,00 – 3 0 3 0 0 0,00 – t. Assosiaatlede 5 5 0 0 0 100,00 27 Junie 2019 3 3 0 0 0 100,00 26 Augustus 2021 4 4 0 0 0 100,00 17 Junie 2024 6 6 0 0 0 100,00 8 September 2023 3 2 0 0 1 66,67 24 Augustus 2023 7 5 2 0 0 71,43 3 September 2019 4 4 0 0 0 100,00 30 Januarie 2025 3 0 2 0 1 0,00 – 15 5 9 1 0 33,33 26 Junie 2019 1 1 0 0 0 100,00 23 November 2025 14 4 10 0 0 28,57 30 November 2022 2 1 1 0 0 50,00 30 November 2025 1 1 0 0 0 100,00 27 April 2024 4 1 2 1 0 25,00 21 November 2025 6 6 0 0 0 100,00 5 September 2019 2 2 0 0 0 100,00 1 Mei 2024 Algeheel 115 52 57 2 4 45,22 26 Junie 2019 Rekords volledig tot en met T20I #2907 op 28 Junie 2026. Gelykop verwys na wedstryde wat deur ’n valbyl (soos ’n Superboulbeurt) beslis is. Wenpersentasies sluit onbesliste wedstryde uit en gelykop as ’n halwe oorwinning (ongeag die valbyl).
T20I-vrouewêreldbekerrekord JaarUitslag2009 Nie deelgeneem nie2010 Nie deelgeneem nie2012 Nie deelgeneem nie2014 Nie gekwalifiseer nie2016 Nie gekwalifiseer nie2018 Nie gekwalifiseer nie2020 Nie gekwalifiseer nie2023 Nie gekwalifiseer nie2024 Nie gekwalifiseer nie2026 Groepfase2028
Sien ook
Nederlandse nasionale krieketspan Nederlandse nasionale vrouerugbyspan
Verwysings
Eksterne skakels Amptelike webwerf van die Koninklike Nederlandse Krieketbond Nederland-vroue op ESPNcricinfo Nederland by die IKR
Kategorie:Krieket in Nederland Kategorie:Nasionale vrouekrieketspanne